SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    VAN DEN BERG, Cllliers. Histerie en Perversie (deel I): Enkele teoretiese opmerkings oor slagofferskap binne traumadiskoerse. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-2, pp.693-709. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-2a11.

    In deel I van hierdie tweeledige studie word op slagofferskap as identiteitsmerker binne die konteks van traumadiskoerse gefokus. Die subjek se identiteitsvorming word vanuit 'n Lacaniaanse en Žižekiaanse perspektief omskryf en die "interpellasie" van die subjek as grondliggend tot laasgenoemde se oriëntasie binne die diskoers van die Simboliese Orde beoordeel. Histerie en perversie verteenwoordig twee reaksies van die subjek op enige toegeskrewe identiteit en indien identiteit aan slagofferskap gekoppel word, dus ook twee reaksies hierop. Waar die subjek met 'n histeriese reaksie die slagoffersidentiteit problematiseer, behels 'n perverse reaksie juis die totale verinnerliking daarvan. Deur na LaCapra se onderskeid tussen strukturele en historiese trauma te verwys, kan die verhouding tussen hierdie traumaregisters gebruik word om histerie en perversie in terme van slagofferskap toe te lig. Vervloei die twee met mekaar word 'n perverse reaksie ontlok; word die onderskeid gehandhaaf, is die reaksie eerder histeries. Die hipotese wat volg is dat die universalisering van trauma en slagofferskap in 'n hedendaagse tydsgewrig 'n klemverskuiwing vanaf histerie na perversie fasiliteer.

    Keywords : histerie; perversie; slagofferskap; trauma; Lacan; Žižek; LaCapra; identiteit; subjek; interpellasie.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )