SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    PRETORIUS(NEE) VILJOEN, Rinee; VENTER, Christiaan A.  and  DE KLERK, Barend J.. Die persepsies en houdings van gelowige jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.150-160. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel is gebaseer op empiriese navorsing om die persepsies en houdings van gelowige, jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik na te vors. Daar is gefokus op hoe die egpare die verhouding sien waarbinne seksuele intimiteit geniet en beleef mag word; wat na hulle mening die man en vrou se plig is rakende die seksuele; wat hulle persepsies is oor die vryheid wat seksuele intimiteit binne die huwelik bied, en wat eksklusiwiteit ten opsigte van seksuele intimiteit binne die huwelik vir elkeen van hulle beteken. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik en sewe gelowige egpare wat minder as twee jaar getroud was (N = 11), het aan die navorsing deelgeneem. Die navorsingsdata is uit 'n kort vraelys verkry en deur semigestruktureerde onderhoude wat met sommige van die deelnemers gevoer is. 'n Ryke oes van data is verkry en 'n hele aantal temas is identifiseer. Hierdie temas sluit goed aan by die basisteoretiese en metateoretiese perspektiewe wat as onderbou vir hierdie navorsing gedien het.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )