Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Health SA Gesondheid (Online)
On-line version ISSN 2071-9736Print version ISSN 1025-9848
Abstract
FRENCH, Heleen; DU PLESSIS, Emmerentia and SCROOBY, Belinda. The emotional well-being of the nurse within the multi-skill setting. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.
Die emosionele welstand van verpleegkundiges werksaam in 'n multivaardigheidsopset kan moontlik negatief beïnvloed word deur die uitdagende werksomgewing. 'n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele studie is uitgevoer om hierdie verskynsel te ondersoek. Die doel van hierdie studie was om die ervaring van verpleegkundiges, asook hul persepsies van hanteringsmeganismes, in 'n multi-vaardigheidsopset te verken en beskryf, sowel as om aanbevelings vir die bevordering van hulle emosionele welstand te formuleer. Die populasie het bestaan uit verpleegkundiges werksaam in 'n multivaardigheidsopset ('n Vlak-2 hospitaal) en het professionele verpleegkundiges, ingeskrewe verpleegkundiges en verpleegassistente ingesluit. 'n Alles-insluitende steekproef is gebruik. Semi-gestruktureerde onderhoude is met drie professionele verpleegkundiges, ses ingeskrewe verpleegkundiges en een verpleegassistent gevoer. Hierdie onderhoude is volgens die metode deur Creswell (2003:192) beskryf, geanaliseer. Die bevindinge het getoon dat verpleegkundiges positiewe sowel as negatiewe ervaringe van die multivaardigheidsopset het. Hulle gebruik taakprioritisering, geloof, selfmotivering en wedersydse ondersteuning as hanteringsmeganismes. Hulle het ook voorstelle gemaak vir die bevordering van hul emosionele welstand, op persoonlike sowel as bestuursvlak. Aanbevelings vir verdere navorsing, verpleegonderwys en die praktyk is geformuleer. Aanbevelings vir die praktyk sluit in 'in-die-oomblik' indiensopleiding, toepaslike taaktoewysing, duidelikheid oor bestek van praktyk, tyd vir rus en ontlading, verbeterde verhoudings met bestuur, bevordering van sterk karaktereienskappe en die skep van 'n ondersteuningsnetwerk.