SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1Self-care symptom-management strategies amongst women living with HIV/AIDS in an urban area in KwaZulu-NatalFurther potential savings attributable to maximum generic substitution of antidepressants in South Africa: A retrospective analysis of medical claims author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

PHASWANA-MAFUYA, Nancy et al. Social and health determinants of gender differences in disability amongst older adults in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Daar was 'n ongekende toename in bevolkingsveroudering, wat 'n toename in die voorkoms van verskeie gesondheidstoestande tot gevolg gehad het, insluitende gestremdheid en gepaardgaande faktore. Die studie was daarop gemik om die voorkoms en voorspelbaarheid van die funksionele status en gestremdheid onder ouer Suid-Afrikaners te ondersoek. Daar is min bekennis oor gestremdheid onder ouer Suid-Afrikaners omdat vorige gesondheidsnavorsing meestal op jonger individue en oordraagbare siektes ingestel was. Ons het 'n nasionale bevokings-gebaseerde kruis-seksionele ondersoek uitgevoer op 'n studiemonster van 3840 Suid-Afrikaners, 50-jaar en ouer. Om die verband tussen sosiale faktore, gesondheidsveranderlikes en funksionele gestremdheid te bepaal, is veelvuldig veranderlike regressie-analise uitgevoer. In die algemeen het 37.2% van die respondente matig of ernstige funksionele gestremdheid ervaar wat hoër was onder vroue. Die hoogste vorm van gestremdheid was op die gebiede van beweeglikehid, waarneming en deelname. Die voorkoms van gestremdheid was op alle gebiede hoër in vroue, behalwe op die gebied van selfsorg. Multi-veranderlike ontledings onder mans het getoon dat funksionele gestremdheid geassosieer word met ouderdom, met 'n mate van primêre onderwys, met die Indiese of Asiatiese bevolkingsgroep, en met diegene wat ly aan kroniese toestande (beroerte, slaapprobleme snags), fisiese onaktiwiteit en 'n laer lewenskwaliteit. Die studie het implikasies vir strategiese planne in die gesondheidsektor wat daarop gemik is om gestremdheid te voorkom en om toegang tot genesende en rehabiliterende sorg te verseker. Hierdie studie verskaf 'n grondslag van bewyse waarop beleid- en gesondheidsorg-bestuurstelsels in die toekoms gebaseer kan word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License