Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Abstract
HORDEN, H.E. and BISSET, C.. Optimisation of promotions in the retail industry. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.3, pp.40-54. ISSN 2224-7890. https://doi.org/10.7166/33-3-2785.
Promosies is 'n kragtige hulpmiddel tot die beskikking van kleinhandelaars, maar dit word dikwels onderbenut wanneer kleinhandelaars 'n suboptimale kombinasie en prysbepaling van verskafferitems kies om op promosie te plaas. In hierdie studie word 'n wiskundige optimeringsmodel ontwikkel wat die beste kombinasie en prysbepaling van verskafferitems om op promosie te plaas kan bereken. Eers word 'n oplossingsbenadering gevorm deur bestaande oplossings binne die literatuur te hersien, gevolg deur die formulering van 'n gemengde-heelgetal nie-lineere programmeringsmodel. Daarna word die model geverifieer deur dit op 'n kleinhandeldatastel toe te pas om te bevestig dat die model korrek geformuleer en gekodeer is. Laastens word die model bekragtig om die skaalbaarheid en berekeningsvermoe van die model te toets. Die resultate toon dat die model hoogs skaalbaar is. Dit impliseer dat kleinhandelaars die model prakties kan implementeer om effektief die wins wat uit promosiegeleenthede verkry word te kan verhoog.