Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
-
Cited by Google -
Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X
Koers (Online) vol.90 n.1 Pretoria 2025
https://doi.org/10.19108/KOERS.90.1.2613
ORIGINAL RESEARCH
Calvinus Africanus: Calvyn en Calvynnavorsing in Suid-Afrika in die laat 20ste eeu - 'n Kroniek van enkele lyne
Calvinus Africanus: Calvin and Calvin research in South Africa in the late 20th century - A chronicle
Victor E. d'AssonvilleI, II
IDepartement Historíese en Konstruktiewe Teologie, Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid Afrika; https://orcid.org/0000-0003-6070-4603
IIReformatorisch-Theologische Seminar Duitsland
OPSOMMING
Buiten belangrike mylpale ten opsigte van Calvyn en Suid-Afrika in die eerste helfte van die 20ste eeu (die stigting van die Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF) in 1909, die oprigting van die Koers-vereniging in 1926 gepaardgaande met Koers bulletin sedert 1935, enkele studies oor Calvyn en sy werk, die vestiging van 'n Calvinistiese filosofie deur bv. HG Stoker en andere en die drie bande Koers in die krisis deur die Federasie van die Calvinistiese Studenteverenigings in Suid-Afrika) was dit veral tydens die tweede helfte van die 20ste eeu wat 'n opbloei in Calvyn-belangstelling geblyk het. Dié opbloeiing is die fokus van hierdie bydrae. Hierdie toenemende aandag wat op Calvyn toegespits was, het op drie maniere tot uitdrukking gekom: eerstens deur akademiese studies, insluitend proefskrifte oor Calvyn en sy werk; tweedens deur inisiatiewe vir die bevordering van amptelike Calvynnavorsing (soos kongresse), veral as resultaat van die momentum wat gekry is na aanleiding van die Internasionale Calvynnavorsingskongres (eers gehou in 1974 en 1978), wat sedert 1980 tot reëlmatige Suid-Afrikaanse kongresse gelei het; en derdens deur die aanpak van 'n groot, omvattende projek om Calvyn se werke in Afrikaans vertaal. Daarmee het Suid-Afrika - spesifiek die Afrikaanse Calvynwerke - deel geword van die wêreldgemeenskap van Calvynvertalings langs groot taalgroepe soos Engels, Nederlands, Duits en Koreaans, om enkeles te noem.
Kernbegrippe: Calvyn en Suid-Afrika; Calvynkongresse; Calvynnavorsing; Calvynvertalings
ABSTRACT
Apart from significant milestones regarding Calvin and South Africa in the first half of the 20th century (the establishment of the Calvin Jubilee Book Fund (CJBF) in 1909, the founding of the Koers association in 1926 along with the Koers bulletin since 1935, some studies on Calvin and his work, the development of a Calvinist philosophy by, for example, HG Stoker and others, and the three-volume Koers In die krlsls published by the Federation of Calvinist Student Associations in South Africa), it was especially during the second part of the 20th century that a resurgence of interest in Calvin became evident. This resurgence is the focus of this contribution. This increasing attention to Calvin was expressed in three main ways: firstly, through academic studies, including dissertations on Calvin and his work; secondly, through initiatives to promote official Calvin research (such as congresses), particularly as a result of the momentum generated as a result of the International Congress on Calvin Research (first held in Amsterdam in 1974 and 1978), which led to regular South African congresses from 1980 onward; and thirdly through a major, comprehensive project to translate Calvin's works into Afrikaans. With this endeavour, South Africa - specifically the Afrikaans Calvin works - became part of the global community of Calvin translations alongside major language groups such as English, Dutch, German, and Korean, to name a few.
Keywords: Calvin and South Africa; Calvin congresses; Calvin research; Calvin translations
1. Proloog
1.1 n Kerkvader en medisyne
In sy verwelkomingswoord by die eerste Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing (SAKCN) in 1980 sê prof AD Pont, die voorsitter van die Reëlingskomitee, die volgende:
It is an honour and pleasure to welcome you all to the University of Pretoria and in particular to this regional, South African congress on Calvin and Calvin research. Your attendance in such great numbers proves that the interest in the life and work of the great church father, John Calvin of Geneva, is still a factor of importance in South Africa and in our theological and academic work. (soos aangehaal deur Van Rooy, 1982:v; beklemtoning - VEd'A)
Hierdie kongres het egter nie in 'n lugleegte sy ontstaan gehad nie. Twee jaar vantevore, by die Internasionale Kongres vir Calvynnavorsing (ICCR) in 1978 (vgl. Neuser, 1980), was die Suid-Afrikaanse deelnemers "favourably impressed by the proceedings in Amsterdam, but they found it strange that nobody from South Africa had been invited to read a paper at the congress, especially as the Calviniana Bibliography of dr. D. Kempff was widely accepted and used by most speakers" (Van Rooy, 1982:iii).
In sy weergawe van die gebeure daarna praat Van Rooy van 'n remedie daarop in die vorm van medisyne: "To remedy this it was, inter alia, decided that the possibility of organising a regional congress of Calvin scholars in South Africa should be explored ..." (Van Rooy, 1982:iii)
1978 het egter ook 'n voorgeskiedenis.
1.2 Calvyn se 400ste geboortedag en daarna
Die begin van Suid-Afrikaanse belangstelling in Calvyn strek verder terug. Reeds in die 19de eeu het die Studentekorps Veritas Vincet3 aan die Teologiese Skool te Burgersdorp4verskeie publikasies oor Calvyn en sy werk die lig laat sien (vgl. Britz & D'Assonville, 2009:507).5 Studentekorps Veritas Vincet se belangrikste bydrae sou egter met die 400-jarige herdenking van Calvyn se geboorte in 1909 wees,6 genaamd die publikasieJohannes Calvijn, vader der Gereformeerde Kerken: Zijn leven en beginselen deur T Hamersma en JD du Toit (vgl. Hamersma & Du Toit, 1977).
In dieselfde jaar, 1909, is die Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF) in die Oranje-Vrystaat gestig - onder meer ook spesifiek vir die 400ste herdenking van Calvyn se geboortedag.7 'n Jaar vantevore, in 1908, verskyn JF Van Oordt se boek, getiteld Het leven van Johannes Calvijn voor het Zuid-Afrikaanse volk geschetst (vgl. Kempff, 1982:12).8 Vanuit die CJBF,9 maar ook uit ander kringe, het daar deur die dekades heen verskillende publikasies oor Calvyn verskyn, meestal in Afrikaans.10 Ook sou algemene inligting oor Calvyn die lig sien, byvoorbeeld in 1917 met die 400-jaarherdenking van die Reformasie, weliswaar in Nederlands (destyds nog 'n amptelike landstaal) maar tog in Suid-Afrika gepubliseer.11 Daar het egter, veral in die laaste derde van die 20ste eeu, ook Suid-Afrikaanse navorsing oor Calvyn verskyn wat internasionaal waardering sou geniet. Die boek deur D Kempff getiteld A bibliography of Calviniana: 1959-1974 (vgl. Kempff, 1975)12 - soos reeds hier bo genoem - het snel ingang en erkenning in die oorsese Calvynnavorsing gevind. Dit word ook by name deur WH Neuser in sy amptelike openingsrede by die Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing (SAKCN) in 1980 saam met enkele ander Suid-Afrikaanse boeke oor Calvyn vermeld waar hy internasionale Calvynnavorsing bespreek (Neuser, 1982:1).13 Deur die loop van die dekades vóór 1980 het daar wel ook ander belangrike proefskrifte, op navorsing vanuit primêre bronne gegrond, as monografieë uit die pen van Suid-Afrikaanse navorsers die lig gesien waarna Neuser nie verwys het nie. Ter illustrasie kan daar hier verwys word na dié van Potgieter (1939), Hugo (1957) en Schulze (1971), om maar enkeles te noem. Verdere proefskrifte en monografieë wat op Calvyn fokus, word in Kempff (1982:9, 10) gelys.
In 'n ander uitgawe van Kempff (1973),14 ook in opdrag van die Instituut vir die Bevordering van Calvinisme (IBC)15 opgestel, is volledige bibliografiese gegewens van Suid-Afrikaanse publikasies oor Calvyn en sy invloed saamgestel. Hieronder was daar ook wetenskaplike artikels. Addisionele publikasies met bibliografiese gegewens oor Calvynnavorsing en ook met verwysings daarna, spesifiek Suid-Afrikaanse navorsing, is in die vroeë 1970's deur die Instituut vir die Bevordering van Calvinisme (IBC) aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) gepubliseer. Ter illustrasie kan daar hier verwys word na Coetzee (1973) se werk oor Calvyn en die Skrif, asook na Du Plessis (1974) se werk oor Calvyn, die staat en die reg. Ander causerieë sou volg met nuttige bibliografiese inligting, byvoorbeeld Van der Walt (1979a en 1979b).16
Hierdie voorafopmerkings dien as agtergrond oor die voorgeskiedenis. Dit lei na 12-14 Augustus 1980 en die akademiese kongres wat by die Universiteit van Pretoria gehou is, die eerste Kongres ter Bevordering van Calvynnavorsing (volgens die amptelike kongresprogram)17 - later bekend as die Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing, oftewel die SAKCN.
1.3 Die SAKCN van 1980 en daarna
In hierdie bydrae is die fokus op die tydvak wat deur die eerste SAKCN van 1980 (ongeveer tot en met die eeuwending), die SAKCN van 2000 en die International Congress on Calvin Research (ICCR) in 2002 ingelui is.18 Die SAKCN wat sedert 1980 op 'n gereelde grondslag elke vier jaar sou plaasvind, was immers nie die begin van Calvynnavorsing in Suid-Afrika of deur Suid-Afrikaners nie. Die SAKCN was egter wel - in die gees van die ICCR - op 'n bepaalde wyse 'n strewe tot koördinasie van navorsing en het gereelde geleentheid vir akademiese bespreking oor navorsingsresultate gebied. Vir vele navorsers - veral jongeres - sou die SAKCN ook 'n eerste blootstelling aan internasionale Calvynnavorsers en -navorsing bied.19
2. Nuwe wind in die seile: Die ontstaan van die Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing
In die raadsaal van die SALU-gebou in Pretoria kom daar op Dinsdag 4 September 1979 'n aantal persone - hoofsaaklik teoloë - vir 'n vergadering bymekaar.20 Die doel van die vergadering is die omvattende beplanning van 'n Calvynkongres - 'n Suid-Afrikaanse kongres vir Calvynnavorsing om meer presies te wees. Hierdie spesifieke kongres het toe in 1980 plaasgevind en sou amptelik 'n nuwe era van Calvynnavorsing in Suid-Afrika inlei. Hierdie kongres het offisieel - volgens die uitnodiging - deurgegaan as die Kongres ter Bevordering van Calvynnavorsing (in Engels die Congress for the Advancement of Calvin Research21). Die ooreenkoms met die naam van 1974 se Europese Kongres vir Calvynnavorsing (European Congress on Calvin Research, vgl. Neuser, 1976) en dan spesifiek met 1978 se Internasionale Kongres vir Calvynnavorsing (ICCR) in Amsterdam (Congrès International de Recherches Calviniennes, International Congress on Calvin Research, Internationaler Kongress für Calvinforschung, vgl. Neuser, 1980) is voor die hand liggend, soos dit hier onder ook blyk.
Die vergadering op 4 September 1979 was nie die eerste vergadering in hierdie opsig nie.
Reeds in die jaar vantevore, op 6 November 1978,22 was daar 'n vergadering van drie van die vier Suid-Afrikaanse deelnemers23 aan die Internasionale Kongres vir Calvynnavorsing. Hierdie kongres het minder as ses weke vantevore, van 25 tot 28 September 1978, in Amsterdam plaasgevind (vgl. Neuser, 1980). Op sy beurt weer was hierdie internasionale kongres van 1978 die voortsetting en logiese uitbreiding van die Europese Kongres vir Calvynnavorsing vier jaar vantevore, in 1974, ook te Amsterdam (vgl. Neuser, 1976). Die Suid-Afrikaanse vergadering van 6 November 1978 is deur 'n meer uitgebreide vergadering op 2 Desember opgevolg, waar belangrike wegwysers vir die beplande kongres in Suid-Afrika in 1980 gelê is. Voorts is dit ook deur vergaderings op 9 Januarie en 4 April 1979 opgevolg.24
Al hierdie vergaderings waar voorstelle oor sprekers (internasionaal sowel as plaaslik), finansiering, plaaslike deelnemers, plek, lokale en logistiek ingewin en bespreek is, het uitgeloop op die vergadering van 4 September (soos hier bo vermeld). Die onderneming was taamlik ambisieus, ook inhoudelik. Ten opsigte van laasgenoemde is besluit om die volgende temas by die eerste SAKCN te dek: die stand van Calvynnavorsing, Calvyn teenoor die denke van sy tyd, Calvyn se denke en die invloed van Calvyn se denke.25
3. In die trein langs die Ryn: Van Basel via Elberfeld na Pretoria
Die oorsprong vir die gedagte van só 'n kongres - op internasionale én op streeksvlak -het egter nie uit die lug geval nie - dit strek heelwat verder terug. Professor Gottfried W Locher van Bern vertel in 'n brief van 'n gemeenskaplike treinreis van hom en prof Wilhelm H Neuser tussen Basel en Elberfeld in 1971. Hy brei ook uit op hul gesprek wat hulle tydens hierdie reis oor die ideaal van Calvynnavorsing en die bevordering daarvan gevoer het. Hy verwys daarna as die "realisering" van prof Neuser se "groot plan".26
Volgens dieselfde Locher - 'n aantal jare later in terugskou - is daar 'n kousale verband tussen die inisiatief in Europa van die vroeë 1970's, wat uiteindelik tot die gereelde internasionale kongresse vir Calvynnavorsing gelei het, aan die een kant, en aan die ander kant die Eerste Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing in 1980 by die Universiteit van Pretoria. Hy skryf naamlik daaroor in sy voorwoord tot Calvinus ecclesiae doctor, die kongresband van die Internasionale Kongres vir Calvynnavorsing in Amsterdam van 25-28 September 1978. Hier verwys hy na die Europese Kongres vir Calvynnavorsing in 1974 wanneer hy die volgende sê:
Zu den Früchten der Tagung von 1974 gehört aber auch die Entstehung regionaler Konferenzen, die mit dem Internationalen Kongress und untereinander einen erfreulichen Austausch pflegen. Für Nordamerika haben sie ihr Zentrum in Grand Rapids (Mich.), für Südafrika in Pretoria, für Osteuropa in Debrecen (Ungarn). (Locher, 1980:9)
Wat Locher hier skryf, sluit aan by dokumente wat Neuser self as stigter van die Internasionale Kongres vir Calvynnavorsing geskryf het. In 'n stuk met die opskrif "Zweck und Ziele des Internationalen Kongresses für Calvinforschung (in Stichworten)" wat uit die tyd vóór 1978 se Internasionale Kongres vir Calvynnavorsing dateer, verwys hy onder andere ook na 1974 se suksesvolle kongres in Amsterdam. Hy vermeld enkele redes waarom hy hom al jare lank vir die oprigting van só 'n internasionale kongres beywer. Sodanige kongres het veral ten doel gehad om meer kontak tussen navorsers te bewerkstellig, asook om navorsingsresultate uit te ruil en gepaardgaande daarmee internasionale navorsing beter te koördineer.27
4. "Calvinologists"28
Uit die dokumentasie van die organisasie en beplanning van die eerste SAKCN van 1980 (dus tussen 1978 en 1980) word iets van 'n soort ambivalensie duidelik. Aan die een kant was daar aanvanklik sprake van die Eerste Calvynkongres van Afrika29 of ook, by geleentheid, die Calvynkongres vir Afrika of die Africa Congress on Calvin Research.30 Nogtans was daar nooit twyfel oor die fokus op Suid-Afrikaanse navorsing self nie, want in dieselfde dokument met die opskrif "Calvynkongres vir Afrika" / "African Congress on Calvin Research" word uitdruklik met verwysing na die beoogde kongres later die jaar gesê: "Een van die doelstellings was om Suid-Afrikaanse Calvynkenners so onder die aandag te bring dat daar ook van hulle as sprekers met die volgende internasionale Kongres oor Calvynnavorsing kan optree."31
Soos hier bo genoem, is die Suid-Afrikaanse Calvynkongres van 1980 op die amptelike program aangekondig as Kongres ter bevordering van Calvynnavorsing / Congress for the Advancement of Calvin Research.32 In die kongresband is die naam toe finaal vasgelê as First South African Congress for Calvin Research (vgl. Van der Walt, 1982a:i). Professor Pont se verwelkomingswoord word ook by die SAKCN van 1980 aangehaal, waar hy al die kongresgangers by hierdie "regional, South African congress on Calvin and Calvin research" welkom heet (sien Van Rooy, 1982:v). Die SAKCN is gevolglik hieruit op 12 Augustus 1980 gebore. Die finale reëlingskomitee was AD Pont (voorsitter), AJ van Rooy (sekretaris), JA Heyns en BJ van der Walt.33 Daaragter sit egter bykans twee jaar van deeglike beplanning. Hierdie beplanning het dus nie in 'n lugleegte plaasgevind nie. Suid-Afrikaanse individue het die grondslag hiervoor gelê deur middel van hul dekade- en jarelange vooraf-Calvynnavorsing.
5. 1980-2000 - twee dekades van die SAKCN
Die eerste twee dekades van die SAKCN - onder leiding van prof AD Pont (UP), wat Suid-Afrika tot 2004 ook by die ICCR-presidium verteenwoordig het - toon organisatories 'n konstante betrokkenheid van Afrikaanse universiteite en teologiese fakulteite in die rol van gasheer. Hierdie rolspelers het die daarmee gepaardgaande koste in 'n meerdere of mindere mate gedra. Ook kerke en ander instansies het bydraes gelewer. Die korrespondensie getuig daarvan.34 Verder was daar 'n bepaalde volgorde van plek waar die konferensie aangebied is, soos blyk uit die eerste ses SAKC-geleenthede wat plaasgevind het:
• 1980: Universiteit van Pretoria (UP)
• 1984: Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO)
• 1988: Universiteit van Stellenbosch (US)
• 1992: Universiteit van die Vrystaat (UV)
• 1996: Universiteit van Pretoria (UP)
• 2000: Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO)35
'n Belangrike uitkoms van die SAKCN is die feit dat daar kongresbande van al die kongresse gepubliseer is:
• 1980, vgl. Van der Walt (1982b)
• 1984, vgl. Van der Walt (1986)
• 1988, vgl. Pont (1990)
• 1992, vgl. In die Skriflig. 1993, 27(4)
• 1996, vgl. Hervormde teologiese studies. 1998, 54(1 & 2)
• 2000, vgl. Koers. 2001, 66(1 & 2)
In die lig van die publikasie van kongresbydraes - van plaaslike deelnemers, asook van oorsese gaste - het daar deur die loop van jare 'n mooi versameling van bydraes en aansluitende literatuurlyste ontstaan. Daarby bied dit ook 'n vorm van bestekopname van die stand van Calvynnavorsing elke paar jaar - positief sowel as negatief. Trouens, daar is kwalik 'n onderwerp oor Calvyn waar enige Suid-Afrikaanse navorser dit kan bekostig om -ná 'n (vanselfsprekende) ondersoek van die primêre bronne van Calvyn self - die SAKCN se kongresbande oor te slaan.
'n Ander konstante van die eerste dekades van die SAKCN is die deelname en voordragte van buitelandse navorsers. Professor WH Neuser (Duitsland), inisieerder en sekretaris van die ICCR sedert die vroeë 1970's (waaronder die Europese Kongres vir Calvynnavorsing in 1974), het by elke SAKCN voordragte gelewer.36 Benewens hom en die Suid-Afrikaanse deelnemers het ander oorsese Calvynkenners ook gereeld voordragte gelewer. Daaronder word bekende name van internasionaal erkende navorsers gevind wat aan een of meer as een van die SAKCN deelgeneem het.37 Hul deelname en bydraes is grotendeels in die kongresbande gedokumenteer. Die bydraes van verskeie van hierdie internasionale deelnemers aan die SAKCN deur die jare heen het egter verder gestrek as net die SAKCN. Sommige van hulle was in aansluiting met die SAKCN, of hulle is in verband daarmee uitgenooi om gaslesings aan universiteite in Suid-Afrika te lewer. Op só 'n wyse het die SAKCN dus waarde toegevoeg tot die Suid-Afrikaanse teologiese gemeenskap, veral wat standaarde betref.
Wat plaaslike belangstellendes en navorsers betref, het die vierjaarlikse SAKCN 'n platform gebied vir voordragte oor Calvynnavorsing en die geleentheid vir publikasie in Calvynbundels. Dit is 'n belangrike uitkoms van die SAKCN, tesame met die blootstelling van opkomende Suid-Afrikaanse navorsers aan sentrale figure binne die internasionale omgewing van Calvynnavorsing en hul werk.
Wanneer 'n hooftema vir elke SAKCN gekies is, is gepoog om nuwe navorsing te stimuleer ten einde sentrale, belangrike temas (byvoorbeeld die belydenis of die prediking) uit te lig of die fokus daarop te laat val. Voorts is daar ook gepoog om deur die keuse van hierdie temas bepaalde leemtes te vul of om op areas te fokus waar verskillende behoeftes waargeneem is. Iets soos die groot projek om die 1559 Institusie in Afrikaans te vertaal38, het saamgehang met die tema van die SAKCN van 1984 ("John Calvin's Institutes: His opus magnum"). Tydens hierdie geleentheid kon die eerste gedrukte eksemplaar van boek 1 (Inst. 1)39 in Afrikaans boonop plegtig oorhandig word. 'n Ander motief by die keuse van 'n kongrestema was historíese gedenkdatums. In hierdie opsig was die 300-jarige herdenking van die aankoms van die Franse Hugenote in Suider-Afrika in 1688 die begronding van 1988 se SAKCN-tema: Calvin - France - South Africa, met oorhoofse aandag aan die Franse vlugtelinge en temas wat daarmee verband hou (vgl. Pont, 1990). Die eerste ses SAKCN-geleenthede se temas was:
• 1980: Calvinus reformator: Sy bydrae tot teologie, kerk en samelewing - vgl. Van der Walt (1982b)
• 1984: John Calvin's Institutes: His opus magnum - vgl. Van der Walt (1986)
• 1988: Calvin - France - South Africa - vgl. Pont (1990)
• 1992: Calvyn en die Konfessie - vgl. In die Skriflig. Des. 1993, 27(4)
• 1996: Calvin as preacher - vgl. Hervormde Teologiese Studies. Mrt. en Jun. 1998, 54(1 & 2)
• 2000: Calvin as minister of the Word - vgl. Koers. 2001, 66(1 & 2)
Oorhoofs kan die gevolgtrekking gemaak word dat die temas wel 'n fokus in voordragte en besprekings meegebring het. Die vermyding van ander onderwerpe aan die rand van die hooftema of selfs buite die hooftema was egter nie heeltemal moontlik nie. Wat die doelstelling van koördinasie betref, was dit wel geslaagd. Die SAKCN het immers tot meer kontak tussen navorsers en verhoogde kennisname van ander se resultate gelei. Besprekings se gehalte het wel gewissel, hoewel buitelandse deelname tot die bevordering van standaarde gelei het. By die SAKCN van 1984 het dit selfs gebeur dat die Engelse bespreking op 'n bepaalde oomblik spontaan na Duits oorgeslaan het. Tydens hierdie gebeurtenis was veral die kontinentale sprekers (die Duitse, Switserse, Franse en Nederlandse navorsers) toe nog in staat om die bespreking gemaklik te kon voortsit.40
Daar is reeds melding gemaak van 'n uitdruklike oogmerk van die eerste SAKCN in 1980, naamlik om "Suid-Afrikaanse Calvynkenners so onder die aandag [van die ICCR - VEd'A] te bring dat daar ook van hulle as sprekers met die volgende Internasionale Kongres oor Calvynnavorsing kan optree".41 Wanneer daar na die ICCR se kongresbande vanaf 1982 gekyk word, dokumenteer die publikasie van hul bydraes die volgende Suid-Afrikaanse navorsers se ICCR-betrokkenheid ná 1980 se SAKCN:
• ICCR 1982 in Genève, Switserland: LF Schulze (Schulze, 1984)42
• ICCR 1986 in Debrecen, Hongarye: VE d'Assonville sr. (1988) en P Coertzen (1988)
• ICCR 1990 in Grand Rapids, MI, VSA: AD Pont (1994)43
• ICCR 1994 in Edinburgh, Skotland en Brittanje: JJ Steenkamp (1997)
• ICCR 1998 in Seoel, Suid-Korea: PC Potgieter (2006)
• ICCR 2002 in Princeton, NJ, VSA: VE d'Assonville jr. (2004)
6. Calvyn praat Afrikaans44
6.1 Ad fontes en Sagaria
Parallel met die ontstaan en ontwikkeling van die SAKCN was daar in dieselfde tyd - laat 1970's en vroeë 1980's - ook 'n ander lyn sigbaar binne die omgewing van Calvynnavorsing in Suid-Afrika. Vergeleke met oorsese lande met sterk navorsingstradisies sou hierdie lyn 'n volhoubare bydrae lewer om Calvynnavorsing te bevorder - dalk die belangrikste bydrae tot die stimulering van Calvynnavorsing op die lange duur. Dit gaan daaroor dat Calvyn in die eerste plek self gelees word; dus handel dit hier oor sy eie geskrifte en nie wat ander oor hom geskryf het nie. Dit is die beginsel wat eintlik vanselfsprekend behoort te wees vir enige navorsing, naamlik die primaat van primêre bronne. Ook vir Calvynnavorsing is dit 'n conditio sine qua non - natuurlik, verkieslik in die oorspronklike, maar indien dít nie moontlik is nie, dan minstens in betroubare vertalings.45
Terwyl die beheersing van Calvyn se tale (Latyn en 16de-eeuse Frans) 'n skaars kommoditeit in Suid-Afrika geword het - 'n blote waarneming van die stand van die departemente van klassieke en Europese tale aan Suid-Afrikaanse universiteite bevestig hierdie indruk - is die beskikbaarheid van betroubare vertalings van sy werke in Suid-Afrika al hoe meer belangrik. Soveel te meer het die aankondiging van prof HW Simpson, die klassikus en spesialis in Christelike Latyn, in die eerste publikasie van Calvyn se 1536 Institusie46 van 'n belangrike baken vir die Suid-Afrikaanse Calvynnavorsing getuig:
Hierdie Afrikaanse vertaling van die Institusie [die 1536 Institusie - VEd'A] het ontstaan uit 'n lank gevoelde behoefte aan die ontsluiting van die vroeg-Christelike en reformatoriese geskrifte. In 1979 is daar aan die PU vir CHO 'n komitee aangewys om in medewerking met die Instituut vir die Bevordering van Calvinisme [IBC] hom daarop toe te lê om hierdie Latynse werke tot die beskikking van die navorsers en die algemene publiek te stel. Die vertaling in u hande is kleinkind van hierdie strewe. (Simpson, 1980:5.)47
In 'n berig deur die vertaler van Calvyn se Institusie in Afrikaans (1536 én 1559) oor die inisiatief vir hierdie groot projek gryp Simpson (1981:44) al in sy titel terug na die alombekende kernslagspreuk van die Renaissance en later die Reformasie: ad fontes (terug na die bronne). Daarmee bedoel hy die oorspronklike (primêre) geskrifte van Calvyn as die bronne waarna teruggegaan moet word en dat dit daarom vertaal behoort te word. Wanneer egter ook die primêre bronne van die vertaalwerk en -projek self in die ondersoek na die geskiedenis van Afrikaanse vertalings van Calvyn nader getrek word, lei dit by die leser daarvan - in die sin van Sagaria 4:10 ("... wie verag die dag van klein dinge ...?") - tot groot verbasing. Die indruk van bykans onverklaarbare wonders is onvermydelik by die vordering in sulke rasse skrede - teen die verwagting in - met die Afrikaanse vertalings van Calvyn wat tussen 1980 en 1991 verskyn het (vgl. Simpson, 1981; D'Assonville, 1991).
6.2 Die vertaalwerk en die SAKCN
Op 12 Augustus 1980 het die SAKCN-lyn en die lyn van die vertaling van Calvynwerke in Afrikaans mekaar gekruis - heeltemal tereg. Dit was die geleentheid waar die Afrikaanse vertaling van die 1536 Institusie by die eerste SAKCN in Pretoria bekend gestel is.
By hierdie geleentheid het die vertaler, prof. Simpson, tydens 'n wetenskaplike voordrag toeligting en verantwoording daaroor gedoen met betrekking tot die grondtekste sowel as die historiese agtergrond. Voorts het professor Simpson tydens hierdie voordrag ook op die vertaalmetode en vertaalvraagstukke gefokus (Simpson, 1982:26-32). Dat hierdie SAKCN 'n rigtinggewende rol in die verdere vertaalprojek gespeel het, vertel Simpson die volgende jaar:
Op 12 Augustus [1980] is dit [die 1536 Institusie in Afrikaans - VEd'A] tydens 'n Nasionale Calvynkongres van Suid-Afrika ... [met] die jubileumvierings van die Universiteit van Pretoria aan Suid-Afrikaanse en internasionale Calvynkenners bekendgestel. Dit is met entoesiasme ontvang en die oplaag is binne twee maande uitverkoop.
By hierdie kongres [SAKCN van 1980 - VEd'A] het die afgevaardigdes die vertaler versoek om die 1559-uitgawe van die Institutio Christianae Religionis in Afrikaans om te sit met die oog op die Internasionale Calvynkongres wat in 1984 in Potchefstroom byeen sal kom [SAKCN van 1984- VEd'A]. By hierdie geleentheid word die 475ste verjaarsdag van Calvyn herdenk. In 1988 word die koms van die Hugenote na Suid-Afrika in herinnering geroep en ook met die oog hierop is die mening daar uitgespreek dat die vertaling 'n belangrike bydrae tot die bestudering van die historiese ontwikkeling van die Calvinisme in Suid-Afrika kan lewer. (Simpson, 1981:46)
Benewens ander kleinere geskrifte wat deur prof. Simpson vertaal is, byvoorbeeld Calvyn se Doopsformulier van 1539 (vgl. Calvin, 1981a) en sy Kategismus van 1542/1545 (1981b),48 sou die gróót projek van daardie komitee uit 1979, waarna Simpson (1980:v, vgl. ook Simpson, 1981:45-51) verwys dus die aanpak van die vertaling van Calvyn se opus magnum word, die Institusie van 1559. Die aandrang vanuit die SAKCN het hierin nie 'n geringe rol gespeel nie, soos uit die aanhaling hier bo blyk. Die vertaling van die 1536 Institusie (vgl. Calvin, 1980a) het die weg gebaan.
Vóór 1980 was daar maar weinig Afrikaanse publikasies van werke uit Calvyn se pen. Die bekendste was ds A Duvenhage (met medewerking van prof LJ du Plessis) se "verkorte" weergawe van die Institusie uit die jaar 1951, met 'n herdruk in 1967 en 1978 (vgl. Calvin, 1951).
Verder was daar Gulde reëls vir die ware Christelike lewe,49 'n sekondêre boekie, wat op Inst. 3.6-8 gebaseer is - 'n uittreksel wat in hierdie vorm in die 16de eeu al in Latyn, Frans en Engels verskyn het. Duitse en Nederlandse weergawes het ook in die 19de eeu (vgl. Calvin, 1979:[5]) en 20ste eeu verskyn, asook Engelse en andertalige uitgawes in die 20ste eeu. Dieselfde uitgewers (Verenigde Protestantse Uitgewers) het ook in 1980 'n band deur prof FJM Potgieter met 'n versameling "dagstukke" die lig laat sien, hoofsaaklik afkomstig uit die 1559 Institusie wat Potgieter geselekteer het en uit die Latynse teks vertaal het (vgl. Potgieter, 1980:[i]).
Die groot deurbraak in wetenskaplike vertaalwerk van Calvyn se werke as voortbou op die uitgawes wat in 1980 (1536 Institusie) en 1981 (Geneefse Kategismus) verskyn het, het binne daardie dekade gevolg.50 Intussen het (vgl. Simpson, 1982:v) die Calvynnavorsingsentrum51 op die kampus van die PU vir CHO ontwikkel uit die "komitee" van 1979, wat in die boonste verdieping van die Ferdinand Postma Universiteitsbiblioteek gehuisves word. Ook hier kruis die lyne tussen die SAKCN en die vertaalprojek van Calvyn se werke, want tydens die tweede SAKCN - wat vanaf 31 Julie tot 3 Augustus 1984 in Potchefstroom plaasgevind het - word die eerste gedrukte Afrikaanse eksemplaar van Boek 1 van die 1559 Institusie (Inst. 1 - vgl. Calvin, 1984) aan die vertaler oorhandig. Van der Walt (1986:ii) raak liries wanneer hy daaroor berig.52
Die res van die vertaalwerk van die 1559 Institusie sou op taamlik gereelde maat voltooi word (ten spyte van ernstige gesondheidsprobleme van die vertaler): Boek 2 (Inst. 2) in 1986 (vgl. Calvin, 1986), Boek 3 (Inst. 3) in 1988 (vgl. Calvin, 1988) en Boek 4 (Inst. 4 - die mees omvattende band) in 1991 (vgl. Calvin, 1991).53
Dit is bykans 'n onbegonne taak om soveel as moontlik werke van Calvyn in Afrikaans te vertaal. Dit is beslis 'n opgawe wat meer as een generasie sal duur.
Soos egter uit die vertalings tot dusver blyk, was daar sedert die 1980's 'n groot hupstoot gewees wat Afrikaans sy regmatige plek gegee het. Dit staan naas ander belangrike akademiese tale in die teologie en geskiedenis van die Reformatoriese wêreld soos Duits, Engels, Frans en Nederlands. Dit blyk uit die lys hier onder. Belangriker is egter dat Calvyn self in Afrikaans daarmee vir die belangstellende leser ontsluit word. Nie net kan met vrymoedigheid gesê word dat Calvyn nou (minstens ten dele) Afrikaans praat nie, maar ook het niemand - allermins navorsers wat Afrikaans verstaan - meer 'n verskoning om nie Calvyn self te lees of te raadpleeg nie.
6.3 Afrikaanse vertalings/weergawes van werke van Calvyn
Tans (aan die begin van 2023) is die volgende vertalings of weergawes van Calvynwerke in Afrikaans bekend (dit sluit nie korter uittreksels (preke, aanhalings, briewe) wat in ander werke of publikasies opgeneem is in nie, maar is tot vertalings van afgeslote tekste, langer of korter, beperk):
Calvin, J. 1951. Die Institusie van Calvyn. Verkorte weergawe in Afrikaans deur A. Duvenhage, met medewerking van L.J. du Plessis. Bloemfontein: SACUM. (later weer uitgegee)
Calvin, J. 1979. Gulde reëls vir die ware Christelike lewe [uittreksel uit Institusie, 3:6-8]. Uit die Engels deur T. Kritzinger verwerk en vertaal. Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers.
Calvin, J. 1980a. Onderwysing in die Christelike godsdiens [1536 Institusie]. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF).
Calvin, J. 1980b. Calvyn vir vandag: Dagstukke [uittreksels uit die Institusie). Deur F.J.M. Potgieter saamgestel en uit Latyn vertaal. Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers.
Calvin, J. 1981a. Calvyn se doopsformulier. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. (In D'Assonville, V.E. sr., red. Die Gereformeerde Doopsformulier. Potchefstroom: Marnix. pp. 87-92.)
Calvin, J. 1981b. Calvyn se Kategismus. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF).
Calvin, J. 1981c. Ordonnances ecclésiastiques van Genève (1541 en 1561). Uit die Frans deur A.D. Pont vertaal. (In Pont, A.D., red. 1981. Die historíese agtergronde van ons kerklike reg. Pretoria: HAUM. pp. 22-47.)
Calvin, J. 1981d [1559]. Discipline ecclésiastiques van 1559. Uit die Frans deur A.D. Pont vertaal. (In Pont, A.D., red. 1981. Die historíese agtergronde van ons kerklike reg. Pretoria: HAUM. pp. 50-54.)
Calvin, J. 1984-1991 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559, 4 bande. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF).
Calvin, J. 1984 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 1. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF).
Calvin, J. 1986 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 2. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF).
Calvin, J. 1988 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 3. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF).
Calvin, J. 1991 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 4. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF).
Calvin, J. 2008 [1539]. Kommentaar op Romeine. Uit die Latyn deur prof Stefanus Postma vertaal. Bloemfontein/Potchefstroom: Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies en Calvyn Jubileum Boekefonds (IKRS & CJBF). UV Teologiese Studies: Klassieke tekste, 1.
Calvin, J. 2021 [1548]. Kommentaar op Galasiërs. Uit die Latyn deur prof Stefanus Postma vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). Klassieke tekste 2.1. (twee uitgawes in 2021)
Calvin, J. 2022 [1548]. Kommentaar op Efesiërs. Uit die Latyn deur prof Stefanus Postma vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). Klassieke tekste 2.2.
Calvin, J. 2023 [1548]. Kommentaar op Filippense. Uit die Latyn deur prof Stefanus Postma vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). Klassieke tekste 2.3.
Calvin, J. 2023 [1548]. Kommentaar op Kolossense. Uit die Latyn deur prof Stefanus Postma vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). Klassieke tekste 2.4.
7. Slotopmerkings
Daar bly nog heelwat oor om van die Calvynnavorsing in Suid-Afrika te vertel. Dit geld in die besonder vir die SAKCN se ontstaan en ontwikkeling gedurende die laaste dekades van die 20ste eeu teen die agtergrond van voorafgaande studies en publikasies oor Calvyn in Suid-Afrika tot en met die 1970's.
Dat die internasionale bibliografie oor Calvynstudies, insluitende Suid-Afrikaanse publikasies, ná Kempff (1975) veral deur die H. Henry Meeter Center (Calvin University) digitaal verder gevoer word, is binne Calvynnavorsingskringe bekend.54 Uiteraard was daar, afgesien van die SAKCN tot en met 2000 en die gepaardgaande kongresbande, ook ander Suid-Afrikaanse studies oor Calvyn. Hierdie studies het neerslag gevind in die vorm van proefskrifte of verhandelings vir akademiese grade aan Suid-Afrikaanse universiteite of in die vorm van artikels deur Suid-Afrikaanse navorsers in wetenskaplike tydskrifte - in Suid-Afrika sowel as in die buiteland.
Die doel van hierdie bydrae is egter nie om 'n volledige (bibliografiese) opgaaf van sulke studie- of navorsingsresultate te bied nie. Hierdie bydrae streef 'n ander oogmerk na.
Dit geskied in aansluiting by die kerkhistoriese perspektief van Calvyn se invloed in Suidelike Afrika in die Calvyn Handboek van 200955 (vgl. Britz & D'Assonville, 2009:505-507) en die kursoriese agtergrond van akademiese belangstelling in Calvyn in Suid-Afrika (Britz & D'Assonville, 2009:507-512). Hierdie bydrae het dus ten doel om 'n blik te bied op die agtergrond en ontstaan van die SAKCN en die eerste dekades daarvan, in die besonder ten opsigte van hierdie kongres se samehang met die ICCR en veral met inagname van argivale bronne.
Hiermee saam is ook aandag gegee aan die agtergrond en vordering van die projek om Calvyn se werke in Afrikaans as 'n wesentlike bydrae tot Calvynnavorsing te vertaal. Immers is Calvyn intussen ook in Afrikaans toeganklik - ooreenkomstig die hoop wat Simpson (1981:44) op sy beskeie manier uitgedruk het: "... 'n poging om Calvyn Afrikaans te laat praat". Daarby kan die volgende instemmend betuig word, soos wat Selderhuis met verwysing na die ICCR van 2002 in Princeton skryf:
Dit het weer duidelik geword dat baie navorsing oor Calvyn, sy tye, sy persoon, sy invloed en sy teologie gedoen word en dat hierdie navorsing deurlopend entoesiastiese nuwe kundiges verkry. Tweedens het dit ook duidelik geword dat daar nog baie navorsing gedoen moet word ... (Selderhuis, 2004:7)
Hierdie gevolgtrekking kan net so op Suid-Afrika toegepas word. Miskien moet die volgende byvoegings wel gemaak word: Daar behoort baie meer tussen primêre bronne en sekondêre literatuur onderskei te word (te dikwels word dit in Suid-Afrika nog op dieselfde vlak hanteer), primêre bronne moet altyd die primaat geniet en internasionale standaarde moet altyd die maatstaf bly. Hiertoe het die SAKCN sedert 1980 en die vertalings van Calvynwerke 'n substansiële bydrae gelewer. Daar kan wel gevra word hoe hierdie bydraes in die 21ste eeu lyk? Dis egter 'n verhaal vir 'n ander geleentheid.
Bibliografie
Bartels, K. 2003 [1992]. Veni vidi vici. Geflügelte Worte aus dem Griechischen und Lateinischen. München: DTV. [ Links ]
Battles, F.L. & Hugo, A.M. 1969. Calvin's commentary on Seneca's De Clementia: With introduction, translation and notes. Renaissance Society of America, Renaissance Text Series, III. Leiden: Brill. https://doi.org/10.1163/9789004622944_004. [ Links ]
Britz, R.M. 1993. The Formularies of Unity and the Dutch Reformed Church: A preliminary survey. In die Skriflig, 27(4):519-536. https://doi.org/10.4102/ids.v27i4.1476. [ Links ]
Britz, R.M. & D'Assonville, V.E. jr. 2009. Calvin in Africa. (In Selderhuis, H.J., ed. The Calvin handbook. Grand Rapids, MI: William B. Eerdmans. pp. 505-512.) (Dit verskyn ook in 2008 in Nederlands en in 2009 in Duits. [ Links ])
Calvin, J. 1951. Die Institusie van Calvyn. Verkorte weergawe in Afrikaans deur A. Duvenhage, met medewerking van L.J. du Plessis. Bloemfontein: SACUM. (later weer uitgegee) [ Links ]
Calvin, J. 1979. Gulde reels vir die ware Christelike lewe [uittreksel uit Institusie, 3:6-8]. Uit die Engels deur T. Kritzinger verwerk en vertaal. Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers. [ Links ]
Calvin, J. 1980a. Onderwysing in die Christelike godsdiens [1536 Institusie]. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). [ Links ]
Calvin, J. 1980b. Calvyn vir vandag: Dagstukke [uittreksels uit die Institusie). Deur F.J.M. Potgieter saamgestel en uit Latyn vertaal. Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers. [ Links ]
Calvin, J. 1981a. Calvyn se doopsformulier. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. (In D'Assonville, V.E. sr., red. Die Gereformeerde Doopsformulier. Potchefstroom: Marnix. pp. 87-92. [ Links ])
Calvin, J. 1981b. Calvyn se Kategismus. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). [ Links ]
Calvin, J. 1981c. Ordonnances ecclésiastiques van Genève (1541 en 1561). Uit die Frans deur A.D. Pont vertaal. (In Pont, A.D., red. 1981. Die historiese agtergronde van ons kerklike reg. Pretoria: HAUM. pp. 22-47. [ Links ])
Calvin, J. 1981d [1559]. Discipline ecclésiastiques van 1559. Uit die Frans deur A.D. Pont vertaal. (In Pont, A.D., red. 1981. Die historiese agtergronde van ons kerklike reg. Pretoria: HAUM. pp. 50-54. [ Links ])
Calvin, J. 1984 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 1. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). [ Links ]
Calvin, J. 1986 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 2. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). [ Links ]
Calvin, J. 1988 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 3. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). [ Links ]
Calvin, J. 1991 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 4. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). [ Links ]
Coetzee, C.F.C. 1973. Calvyn en die Skrif. Potchefstroom: PU vir CHO. (Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks F. Instituut vir die Bevordering van Calvinisme, brosjurereeks F2. Calvyncauserieë nr. 1) [ Links ]
Coertzen, P. 1988. Calvin's influence on the earliest Reformed Church ordinances in the Netherlands. (In Neuser, W.H., Hrsg. Calvinusservus Christi. Budapest: Presseabteilung des Rádaykollegiums. pp. 173-193. [ Links ])
D'Assonville, V.E. sr. 1968. John Knox and the Institutes of Calvin: A few points of contact in their theology. Durban: Drakensberg Press. (Dissertation - University of Natal) [ Links ]
D'Assonville, V.E. sr. 1984. Voorwoord van die CJBF. (In Calvyn, J., red. 1984 [1559]. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 1. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). pp.iii-iv. [ Links ])
D'Assonville, V.E. sr. 1988. Observations on Calvin's responsio to Cardinal Sadoletus's Letter to the Genevans. (In Neuser, W.H., Hrsg. Calvinus servus Christi. Budapest: Presseabteilung des Rádaykollegiums. pp.151-164. [ Links ])
D'Assonville, V.E. sr. 1991. Voorwoord van die uitgewers. (In Calvyn, J., red. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 4. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). p.[v]. [ Links ])
D'Assonville, V.E. jr. 2004. Dogma und Doctrina bei Calvin in einer begrifflichen Wechselwirkung: Ein Seminarbericht. (In Selderhuis, H.J., ed. Calvinus praeceptor ecclesiae: Papers of the International Congress on Calvin Research, Princeton, 20-24 August 2002. Genève: Librairie Droz. (Travaux d'Humanisme et Renaissance, No. CCCLXXXVIII). pp.189-208. [ Links ])
De Boer, E.A. 1994. Hermeneutische Schlüssel zur alttestamentlichen Profetie in Calvins Hesekielpredigten. (In Neuser, W.H., Hrsg. Calvinus Sacrae Scripturae professor - Calvin as confessor of Holy Scripture. Grand Rapids, MI: William B. Eerdmans. pp.199-208. [ Links ])
Du Plessis, D.F. 1996. Johannes Calvyn en Afrikanerprotes: 'n Vergelykende studie van die uitgangspunte en media van protes. Pretoria: UNISA. (Ongepubliseerde proefskrif - PhD) [ Links ]
Du Plessis, L.M. 1974. Calvyn oor die staat en die reg. Potchefstroom: PU vir CHO. (Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks F. Instituut vir die Bevordering van Calvinisme, brosjurereeks F2. Calvyncauserieë nr. 3 (tweede druk, 1977)) [ Links ]
Gerdener, G.B.A. 1917. Het vierde eeuwfeest: Gedenkschrift bij gelegenheid van de vierhonderdste viering van de kerkhervorming, 1517-1917. Kaapstad: Zuid-Afrikaanse Bijbel Vereniging. [ Links ]
Hamersma, T. & Du Toit, J.D. 1977 [1909]. Johannes Calvijn: Vader der Gereformeerde Kerken; Zijn leven en beginselen. (In Venter, H., red. Totius. Versamelde werke 6: Teologiese strominge. Kaapstad: Tafelberg. pp.3-17. [ Links ])
Hamersma, T., Los, S.O. & Du Toit, J.D. 1911. Geschiedenis van de Christelike kerk. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). [ Links ]
Hervormde Teologiese Studies, 54(1 & 2). 1998. Referate gelewer tydens die Vyfde Suid-Afrikaanse Kongres Calvynnavorsing in Pretoria, 25-27 Junie 1996. [ Links ]
Hugo, A.M. 1957. Calvijn en Seneca: Een inleidende studie van Calvijns commentaar op Seneca, De dementia, anno 1532. Groningen: J.B. Wolters. [ Links ]
In dieSkriflig, 27(4). 1993. Referate gelewer tydens die Vierde Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing in Bloemfontein, 22-24 Julie 1992. [ Links ]
Kempff, D. 1973. Bibliografie van Suid-Afrikaanse Calviniana. Potchefstroom: PU vir CHO. (Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks F. Calvyncauserieë nr. 2. Instituut vir die Bevordering van Calvinisme) [ Links ]
Kempff, D. 1975. Bibliography of Calviniana, 1959-1974. Leiden: Brill. (In Oberman, H.A., ed. Studies in Medieval and Reformation thought, Volume XV. (Ook gepubliseer in Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks F. Instituut vir die Bevordering van Calvinisme, F3. Versamelwerke nr. 3) https://doi.org/10.1163/002820377x00506. [ Links ]
Kempff, D. 1982. Research on Calvin and its influence in the field of Afrikaans theology. (In Van der Walt, B.J., ed. 1982b. Calvinus Reformator: His contribution to theology, church and society. Potchefstroom: PU for CHE. pp.7-12. [ Links ])
Koers, 66(1 & 2). 2001. Referate gelewer tydens die Sesde Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing in Potchefstroom, 24 & 25 Augustus 2000. [ Links ]
Locher, G.W. 1980. Vorwort. (In Neuser, W.H., Hrsg. Calvinus ecclesiae doctor. Kampen: Kok. pp. 9-10. [ Links ])
Los, S.O. 1911. Van de Hervorming tot op onze tijd. (In Hamersma, T., Los, S.O. & Du Toit, J.D., red. Geschiedenis van de Christelike kerk. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). pp. 128-264. [ Links ])
Mulder, F. & Coetsee, I. eds. Tiyo Soga and his mentors. Beacons of Light from our Reformation History. Stellenbosch: IRSA. [ Links ]
Neuser, W.H., Hrsg. 1976. Calvinus theologus. Die Referate des Europäischen Kongresses für Calvinforschung vom 16. bis 19. September 1974 in Amsterdam. Neukirchen: Neukirchener. [ Links ]
Neuser, W.H., Hrsg. 1980. Calvinus ecclesiae doctor. Die Referate des Internationalen Kongresses für Calvinforschung vom 25. bis 28. September 1978 in Amsterdam. Kampen: Kok. [ Links ]
Neuser, W.H. 1982. International Calvin research. (In Van der Walt, B.J., ed. 1982b. Calvinus Reformator: His contribution to theology, church and society. Potchefstroom: PU for CHE. pp.1-6. [ Links ])
Neuser, W.H., Hrsg. 1984. Calvinus ecclesiae genevensis custos. Die Referate des Internationalen Kongresses für Calvinforschung vom 6. bis 9. September 1982 in Geneva. Frankfurt: Peter Lang. [ Links ]
Neuser, W.H. 1986. The development of the Institutes: 1536 to 1559. (In Van der Walt, B.J., ed. John Calvin's Institutes: His opus magnum. Potchefstroom: PU for CHE. pp. 33-54. [ Links ])
Neuser, W.H., Hrsg. 1988. Calvinus servus Christi. Die Referate des Internationalen Kongresses für Calvinforschung vom 25. bis 28. August 1986 in Debrecen. Budapest: Presseabteilung des Rádaykollegiums. [ Links ]
Neuser, W.H., Hrsg. 1994. Calvinus Sacrae Scripturae professor - Calvin as confessor of Holy Scripture. Die Referate des Internationalen Kongresses für Calvinforschung vom 20. bis 23. August 1990 in Grand Rapids. Grand Rapids, MI: William B. Eerdmans. [ Links ]
Neuser, W.H. 1996. Future tasks of international Calvin research. Unpublished paper delivered at the 1996 South African Calvin Congress at the University of Pretoria. [ Links ]
Neuser, W.H. & Armstrong, B.G. Hrsg. 1997. Calvinus sincerioris religionis vindex - Calvin as protector of the purer religion. Die Referate des Internationalen Kongresses für Calvinforschung vom 13. bis 16. September 1994 in Edinburgh, Scotland. (Volume XXXVI of Sixteenth century essays and studies.) Kirksville, MO: Sixteenth Century Journal Publishers, Inc. [ Links ]
Niesel, W. 1961. Calvin-Bibliographie, 1901-1959. München: Chr. Kaiser Verlag. [ Links ]
Pont, A.D., ed. 1990. Calvin - France - South Africa. Papers read at the Third South African Congress on Calvin Research, Stellenbosch, 26-29 July 1988. Pretoria: Kital. [ Links ]
Pont, A.D. 1994. Citizen's oath and formulated confession: Confessions of faith in Calvin's congregation. (In Neuser, W.H., ed. 1994. Calvinus Sacrae Scripturae professor - Calvin as confessor of Holy Scripture. Grand Rapids, MI: William B. Eerdmans. pp. 237-239. [ Links ])
Postma, S. 2008. 'n Woord vooraf. (In Calvyn, J., red. 2008. [1539]. Kommentaar op Romeine. Uit die Latyn deur prof Stefanus Postma vertaal. Bloemfontein/Potchefstroom: Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies en Calvyn Jubileum Boekefonds (IKRS & CJBF). UVTeologiese Studies: Klassieke tekste, 1. pp. 5-7. [ Links ]
Potgieter, F.J.M. 1939. Die verhouding tussen teologie en filosofie by Calvyn. Amsterdam: Noord-Hollandsche Uitgevers Maatschappij. [ Links ]
Potgieter, F.J.M. 1980. Woord vooraf. (In Calvyn, J., red. 1980b. Calvyn vir vandag: Dagstukke. Uit die Latyn saamgestel en deur F.J.M. Potgieter vertaal. Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers. (uittreksels uit die Institusie) pp. i-ii. [ Links ])
Potgieter, P.C. 2006. Providence in Calvin: Calvin's view of God's use of means (media) in his Acts of Providence. (In Wright, D.F., Lane, A.N.S. & Balserak, J., eds. Calvinus evangelii propugnator - Calvin, champion of the gospel. Papers presented at the International Congress on Calvin Research, Seoul, 1998. Grand Rapids, MI: Calvin Studies Society. pp. 175-190. [ Links ])
Schulze, L.F. 1971. Calvin's reply to Pighius. HSRC, Publication Series no. 9. Potchefstroom: Pro Rege. [ Links ]
Schulze, L.F. 1984. Calvin's reply to Pighius - a micro and macro view. (In Neuser, W.H., ed. Calvinus ecclesiaegenevensis custos. Frankfurt: Peter Lang. pp. 171-185. [ Links ])
Schulze, L.F. 1985. Calvin and social ethics: His views on property, interest and usury. Pretoria: Kital. (heruitgawe in 2010 as John Calvin and "social ethics". Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). [ Links ])
Selderhuis, H.J. 2004. Preface. (In Selderhuis H.J., ed. Calvinus praeceptor ecclesiae: Papers of the International Congress on Calvin Research, Princeton, 20-24 August 2002. Genève: Librairie Droz. (Travaux d'Humanisme et Renaissance, No. CCCLXXXVIII.) pp. 7-8. [ Links ])
Simpson, H.W. 1980. Inleiding. (In Calvyn, J., red. 1980 [1536]. Onderwysing in die Christelike godsdiens [1536 Institusie]. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). pp. iii-ix. [ Links ])
Simpson, H.W. 1981. Ad fontes - oftewel 'n poging om Calvyn Afrikaans te laat praat. Literator: Tydskrif vir besondere en vergelykende taal- en literatuurstudie, 2(1):44-51. https://doi.org/10.4102/lit.v2i1.995. [ Links ]
Simpson, H.W. 1982. The editio princeps of the Institutio Christianae religionis 1536 by John Calvin. (In Van der Walt, B.J., ed. 1982b. Calvinus Reformator: His contribution to theology, church and society. Potchefstroom: PU for CHE. pp. 26-32. [ Links ])
Simpson, H.W. 1984. Voorwoord van die vertaler. (In Calvyn, J. 1984 [1559]., red. Institusie van die Christelike godsdiens 1559: Boek 1. Uit die Latyn deur H.W. Simpson vertaal. Potchefstroom: Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF). pp. v-xxiii. [ Links ])
Soga, T. 2024[1866]. Some of the current popular religious opinions and tendencies of the times. Rev. Tiyo Soga's June 7th 1866 lecture in Cape Town. (In Mulder, F. & Coetsee, I. ed. Tiyo Soga and his mentors. Beacons of Light from our Reformation History. Stellenbosch: IRSA. pp. 106-123. [ Links ])
Steenkamp, J.J. 1997. Calvin's exhortation to Charles V (1543). (In Neuser, W.H. & Armstrong, B.G., Hrsg. Calvinus sincerioris religionis vindex - Calvin as protector of the purer religion. Kirksville, MO: Sixteenth Century Journal Publishers. pp. 309-314. [ Links ])
Van der Walt, B.J. 1975. Preface. (In Kempff, D., red. A bibliography of Calviniana, 1959-1974. Leiden: Brill. pp. 9-11.) https://doi.org/10.1163/9789004477131_002. [ Links ]
Van der Walt, B.J. 1979a. Die denkdekor van die Reformasie - met spesiale verwysing na Calvyn. Potchefstroom: PU vir CHO. (Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks F. Instituut vir die Bevordering van Calvinisme, reeks F4. Calvyncauserieë nr. 7) [ Links ]
Van der Walt, B.J. 1979b. Contemporary research on the sixteenth century Reformation. Potchefstroom: PU for CHE. (Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks F. Instituut vir die Bevordering van Calvinisme, reeks F4. Calvyncauserieë nr. 8) [ Links ]
Van Der Walt, B.J. 1982a. Foreword. (In Van der Walt, B.J., ed. 1982b. Calvinus Reformator: His contribution to theology, church and society. Potchefstroom: PU for CHE. pp. i-ii. [ Links ])
Van der Walt, B.J., ed. 1982b. Calvinus Reformator: His contribution to theology, church and society. Referate gelewer tydens die Eerste Suid-Afrikaanse Calvynnavorsingskongres in Pretoria, 1980. Potchefstroom: PU vir CHO. [ Links ])
Van der Walt, B.J. 1984. Preface. (In Van der Walt, B.J., ed. Our Reformational tradition: A rich heritage and lasting vocation.) (Ook gepubliseer in Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks F. Instituut vir Reformatoriese Studies, reeks F3, nr. 21. pp. i-ii. [ Links ])
Van der Walt, B.J., ed. 1986. John Calvin's Institutes: His opus magnum. In Proceedings of the Second South African Congress for Calvin Research, 31July - 3 August 1984. Potchefstroom: PU for CHE. [ Links ])
Van Rooy, A.J. 1982. Introduction. (In Van der Walt, B.J., ed. 1982b. Calvinus Reformator: His contribution to theology, church and society. Potchefstroom: PU for CHE. pp. iii-vi. [ Links ])
Van 't Spijker, W. 1992. Verantwoording. (In Calvijn, J., red. 1992 [1536]. Institutie 1536: Onderwijs in de Christelijke religie. Kampen: De Groot Goudriaan. pp. 7-12. [ Links ])
Published: 28 March 2025
1 Calvinus Africanus, oftewel Calvyn van Afrika of die Afrika-Calvyn: 'n neologisme na analogie van die (vrye) aanhaling van Van der Walt (1975:9) wat sy voorwoord by Kempff (1975) se omvattende bibliografie van Calvynnavorsing met die aanhaling begin: "Omnes aliquid novi ex Africa." Op sy beurt is Van der Walt se aanhaling gebaseer op die bekende Latynse spreekwoord "ex Africa semper aliquid novi" of ook "quid novi ex Africa", 'n spreekwoord wat teruggaan op 'n aanhaling uit Plinius die Ouere se Naturalis historia: "... unde etiam vulgare dictum 'semper aliquid novi Africam adferre'." (Vgl. Plinius die Ouere in C Plinius Secundii, Naturalis historia, Liber VIII, 42.) Plinius die Ouere gryp op sy beurt weer terug na opmerkings van Aristoteles oor Libië. Volgens Bartels (2003:146) is daar twee gevalle waar Aristoteles die oorspronklike uitspraak maak, eers in Historia animalium (8,28.606 b 19f.): Άεϊ Λιβύη φέρει τι καινόν, dan is daar ook 'n soortgelyke uitspraak in De generatione animalium (2,7.747 b 7f.).
Calvinus Africanus kan egter ook in Afrikaans met "die Afrikaanse Calvyn" of "Calvyn wat Afrikaans is", weergegee word - as woordspeling met punt 6 van die bydrae in gedagte: "Calvyn praat Afrikaans".
Hierdie (meer volledige) weergawe van dié navorsing word opgedra aan die gedagte-nis van wyle prof. dr. Adriaan D. Pont, vir sy leidinggewende rol by die ontstaan van die Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing (SAKCN) wat sedert 1980 op vierjaarlikse basis plaasgevind het en sy onvermoeide bydrae oor baie jare heen as eerste verteenwoordiger van Suid-Afrika en Afrika op die presidium (raad) van die International Congress for Calvin Research (ICCR).
2 Hierdie bydrae is 'n verwerking (o.a. enkele toevoegings) van die bydrae wat verskyn het in: Van Alten, Erik, De Boer, Erik en Duursema, Gert, reds., Grondpaaie in Suid-Afrikaanse kerkges-kiedenis. 'n Eerbetoon aan kerkhistorikus dr. R.M. (Dolf) Britz. Stellenbosch: African Sun Media. pp. 187-212.
3 Gestig in 1894
4 Theologische School der Gereformeerde Kerk, gestig in 1869
5 Die publikasie, Mulder & Coetsee (2024) met die bydrae deur Tiyo Soga in 1866 het ongelukkig te laat onder my aandag gekom om dit in ag te neem vir hierdie studie.
6 Ná die verhuising van die Teologiese Skool in 1905 na Potchefstroom
7 Volledigheidshalwe: "In het jaar 1909 vierden de Vrijstaatse Gereformeerde gemeenten het jubileum van de herstichting van de Gereformeerde Kerk in deze Provincie [1559, Gereformeerde Kerk Reddersburg - VEd'A] en ook het vierde eeuwfeest van de grote Gereformeerde hervormer Kalvijn. [...] De Algemene Vergadering besloot deze grote gebeurtenissen te herdenken door het stichten van het Kalvijn-Jubileum-Boeken-Fonds van de Gereformeerde Kerk in de O.V. Staat." (vgl. "Voorwoord" in Hamersma, T, Los, SO & Du Toit, JD, 1911:iii.)
8 Trouens, Hamersma en Du Toit se publikasie in 1909 was 'n antwoord op Van Oordt (onder die skuilnaam d'Arbez) se publikasie die vorige jaar en ook 'n apologetiese weerlegging daarvan (vgl. Hamersma & Du Toit, 1977:3 e.v.).
In hierdie studie word nie verder ingegaan op ander mylpale ten opsigte van Calvyn en Suid-Af-rika in die eerste helfte van die 20ste eeu nie, bv. die oprigting van die Koers-vereniging in 1926, waaruit die Koers: Bulletin vir Christelike wetenskap ontstaan het wat sedert 1935 gereeld verskyn, ander studies oor Calvyn en sy werk, werksaamhede in die kader van die Calvinistiese Filosofie (bv. HG Stoker e.a.) asook die ontstaan van bewegings met "calvinistiese" inslag (vgl. die drie bande, Koers in die Krisis deur die Federasie van die Calvinistiese Studenteverenigings in Suid-Afrika).
9 Kort ná die stigting van die CJBF verskyn Hamersma, T, Los, SO & Du Toit, JD (1911). Hierin is ook 'n afdeling aan Calvyn (gespel Kalvijn) afgestaan, vgl. Los (1911:150 e.v.).
10 Ofskoon die grense tussen navorsing oor Calvyn self en publikasies oor sy invloed en werking baie vloeiend is, spesifiek die calvinisme, word hier nie verder ingegaan op die geweldig baie Afrikaanse artikels of boeke in Suid-Afrika in die 20ste eeu oor laasgenoemde (calvinisme) as tema nie. Ter illustrasie kan daar verwys word na die drie bande, getiteld Koers in die Krisis, asook vele ander publikasies, o.a. dié van eers die Instituut vir die Bevordering van Calvinisme (IBC) en later van die opvolginstituut die Instituut vir Reformatoriese Studies (IRS), ens.
11 Vgl. Gerdener (1917:61-68).
12 Kempff (1975) het in opdrag van die IBC (IAC in Engels) aanvanklik in 1974 in die reeks Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO, reeks F, Instituut vir die Bevordering van Calvinisme, F3, Versamelwerk nr. 3 verskyn en is as volume XV in 1975 in die Reeks Studies in Medieval and Reformation thought, Oberman, HA (ed.) opgeneem en in Leiden deur Brill uitgegee. Dit sluit bewustelik en uitdruklik aan by die Duitse publikasie van Niesel (1961) en het deel gevorm van 'n groter projek waarvan prof SCW Duvenhage as direkteur van die IBC in 1973 onder meer sê: "Die I.B.C. het met ruim ondersteuning van die Raad vir Geesteswetenskaplike navorsing in 1969 begin met uitgebreide bibliografiese navorsing oor Calvyn en die Calvinisme. Die navorsing is gedoen deur dr. D. Kempff onder leiding van 'n navorsingskomitee en dit is tans voltooi. [...] Die bedoeling is om langs hierdie weg voornemende studente en navorsers en ook ander belangstellendes te prikkel met die oog op verdere studie ..." (Coetzee, 1973:i)
13 Neuser (1982:1) sê by die geleentheid: 'The word 'International' in the title encourages me to give an introductory remark. The knowledge I have gained about international Calvin research does not extend in equal measure to every country and region. Gaps exist for me especially for your country. Naturally I know about and have read some of your major writings and research. I can mention as an example A.M. Hugo's edition of Calvin's Seneca Commentary, V.E. d'Asson-ville's book about Knox and Calvin and D. Kempff's 'Bibliography of Calviniana' ..." (na aanleiding van Neuser se drie vermeldings van Suid-Afrikaanse studies, vgl. Hugo en Battles (1969), D'Assonville (1968) en Kempff (1975))
14 Met dubbelkolomme en sowat 50 bladsye
15 In 1975 verklaar Van der Walt (1975:9) die doel van die IBC (IAC in Engels) soos volg: "The aim of the Institute for the Advancement of Calvinism (established some ten years ago at Potchefst-room) is to encourage research on Calvin and Calvinism. In order to attain this end one of its first tasks was a bibliographical study to ascertain the amount of research material which had become available after the previous bibliography compiled by W. Niesel up to 1959. The result of this enquiry which has continued over the last five years, is contained in the present bibliography [i.e. Kempff,1975 - VEd'A]. The sincere wish of the I.A.C. is that this bibliography will render valuable service to Calvinologists all over the world and stimulate scientific research about Calvinism. [...] This 1959-1974 bibliography should be regarded as the first contribution of the I.A.C. towards international Calvin-research. Our Institute is firmly convinced of the absolute necessity of international co-operation in this field."
16 Volgens ook die bibliografiese verwysings by Britz en D'Assonville (2009:512) vir verdere literatuur oor Suid-Afrikaanse publikasies rakende studies oor Calvyn in Suid-Afrika
17 Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)
'n Woord van dank aan Nándor Sarkady, argivaris van die argief van die NHKA, vir sy vriendelike hulp en ondersteuning om op kort kennisgewing die dokumente soos aangevra beskikbaar te stel.
18 Gedurende hierdie tyd was prof AD Pont aan die stuur van sake wat die SAKCN betref.
19 Hierby sou Dolf Britz ook baat. As 'n jong dosent was sy eerste voordrag by 'n SAKCN, naamlik in 1992 by die Universiteit van die Vrystaat. In die SAKCN-program was dit weliswaar aangekon-dig met die volgende tema: "Calvyn, drie formuliere van eenheid en drie Afrikaanse kerke" (vgl. Kongresprogram, Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), maar die voordrag self het gehandel oor "Die Belydenisskrifte van die Ned. Geref. Kerk - 'n tiperende oorsig". Dit is uiteindelik gepubliseer in Engels (Britz, 1993). In sy "Respons" het prof Eddie Brown (US) gesê: "Dit bly 'n voorreg om dr. Dolf Britz aan te hoor oor sy navorsing i.v.m. die Nederduitse Gereformeerde Kerk ..." (Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA).
Vanaf die 2004 SAKCN het Britz persoonlik baie betrokke geraak by die SAKCN (o.a. as mederedakteur van die kongresbande van 2004 en 2008). Met die vertaalprojek van Calvyn-kommentare deur prof S Postma (vgl. die verwysing onder punt 6.2 hier onder) was Britz ook redaksioneel direk betrokke, veral met Calvyn (2008). Dit val egter buite die bestek van hierdie bydrae.
20 Volgens die notule van die vergadering 4 September 1979 met die oog op die Eerste Calvynkongres van Afrika (Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA)
21 Volgens die amptelike UP-uitnodiging - Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA
22 By die vergadering van 6 November was prof AD Pont, prof BJ van der Walt en dr AJ van Rooy aanwesig. Professor LF Schulze was nog in die buiteland en kon die vergadering dus nie bywoon nie. (berig oor historíese agtergrond met die oog op die organisasie van die Eerste Calvynkongres van Afrika, p. 1. Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA)
23 Die deelnemers van Suid-Afrika wat in 1978 by die Internasionale Kongres vir Calvynnavorsing in Amsterdam was: prof AD Pont, prof LF Schulze, dr BJ van der Walt en dr AJ van Rooy (volgens Van Rooy, 1982:iii)
24 Betrokke dokumentasie - vgl. Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA
25 Berig oor die verloop sedert 1978 tot 1979 met die oog op die Calvynkongres van 1980 in Pretoria, getiteld "Eerste Calvynkongres van Afrika". 7 pp. (Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA)
Hierdie berig het waarskynlik as werksdokument gedien by die vergadering van 4 September 1979. By laasgenoemde vergadering is die Breë Komitee (15 persone aanwesig; 11 met kennis-gewing afwesig) gekonstitueer met prof AD Pont as voorsitter en dr AJ van Rooy as sekretaris (vgl. die notule van 4 September 1979, pp. 1-2. Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA)
26 "... für die Verwirklichung Ihres grossen Planes ..." oorspronklike brief van GW Locher aan WH Neuser op 21 Oktober 1971 (privaat argief van WH Neuser, RTS Heidelberg)
27 Ongepubliseerde (getikte) ongedateerde dokument uit die hand van WH Neuser: "[d]er Unterzeichnende war Initiator des Kongresses Die dokument stam waarskynlik uit ongeveer 1977 of vroeg 1978, ter voorbereiding van die 1978 Internasionale Kongres vir Calvynnavorsing (Privaat argief van WH Neuser, RTS Heidelberg).
28 Ontleen - lank voor 1980 se SAKCN - aan Van der Walt (1975:9) met verwysing na die IBC: "The sincere wish of the I.A.C. is that this bibliography [Kempff, 1975 - VEd'A] will render valuable service to Calvinologists all over the world and stimulate scientific research about Calvinism." (Beklemtoning - VEd'A)
29 Berig oor die verloop sedert 1978 tot 1979 met die oog op die Calvynkongres van 1980 in Pretoria, getiteld "Eerste Calvynkongres van Afrika". 7 pp. (Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA)
30 Skrywe van 21 Mei 1980 deur AJ van Rooy namens die sekretariaat van die beplande kongres aan SJ Botha (Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA). Die skrywe waarna Van Rooy verwys, is 'n Engelse brief aan hom (Van Rooy) deur prof Neuser van 25 April 1980 rakende die beplanning van die ICCR (International Congress on Calvin Research) van 1982 wat in Genève sou plaasvind (Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA)
31 Skrywe van 21 Mei 1980 deur AJ van Rooy namens die sekretariaat van die beplande kongres aan SJ Botha: Daarby noem Van Rooy ook dat hy juis om hierdie rede 'n afskrif van 'n brief van prof WH Neuser, sekretaris van die Internasionale Kongres, byvoeg, waarin die volgende beplande Internasionale Kongres (beplan vir Genève, 1982) en die doelstellings daarvoor verklaar word (Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA).
32 Waar aanvanklik (bv. in die notule van 4 September 1979 tot in dokumente van 1980 - vgl. briewe deur AJ van Rooy, 1 April 1980, en deur SJ Botha, 23 April 1980. Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA) van 'n "Calvynkongres van [of vir] Afrika" sprake was (in Engels: "African Congress on Calvin Research" - A.J. van Rooy, ibid.), was die amptelike naam uiteindelik die "Kongres ter bevordering van Calvynnavorsing" (vgl. die amptelike UP-uitnodiging - Privaat versameling van prof SJ Botha, Argief van die NHKA).
33 Volgens 'n brief van AJ van Rooy, 21 Mei 1980. Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA.
34 Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA
35 Ook die volgende twee Suid-Afrikaanse Kongresse vir Calvynnavorsing sou dieselfde volgorde voortsit waar dit plaasgevind het, naamlik die US (2004) en die UV (2008). Dit val egter buite die bestek van hierdie artikel.
36 1980, 1984, 1988, 1992, 1996, 2000, 2004 en 2008
37 Navorsers soos W Balke, Nederland (1980, 1988), PE Hughes, VSA (1980), JB Torrance, Skotland (1980), CJ Vos, VSA (1980), THL Parker, Engeland (1980), BG Armstrong, VSA (1984, 1988, 1992 en 1996), F Büsser, Switserland (1984), P de Klerk, VSA (1984), FN Lee, Australië (1984), R Peter, Frankryk (1984), D Sinnema, Kanada/VSA (1984), W van 't Spijker, Nederland (1984, 1988), RM Kingdon, VSA (1988), AIC Heron, Duitsland (1992), WH Velema, Nederland (1992) en EA de Boer, Nederland (1992).
Ofskoon EA de Boer in daardie stadium in Pretoria gewoon en gewerk het, word hy in die Calvynnavorsing tot Nederland gereken.
Armstrong en Van 't Spijker het beide saam met Neuser in die presidium van die ICCR gedien. Tot en met 2004 was prof AD Pont die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger op die ICCR-presidium.
38 Die volgende kan bygevoeg word om die betekenis van hierdie groot projek te beklemtoon: So laat as 1979 kla Van der Walt nog: "... it is a shame that the only work of Calvin which we have available in Afrikaans is an abbreviated version of his Institutes ..." (Van der Walt, 1979:30).
39 "Hierdie uitgawe van Calvyn se Institusie is die grootste taak wat die Calvyn-Jubileumboekefonds in die afgelope 75 jaar aangepak het." (D'Assonville, 1984:iii)
40 Persoonlike waarneming by die SAKCN - VEd'A
41 Brief van AJ van Rooy aan SJ Botha, 21 Mei 1980 (Privaat versameling van prof SJ Botha. Argief van die NHKA)
42 As besondere voorbeeld van 'n verdere uitkoms van hierdie internasionale aansluiting van Suid-Afrikaanse Calvynnavorsers in die internasionale kringe van Calvynnavorsing kan die belangrike monografie van Schulze (1985) genoem word.
43 EA de Boer het ook by die ICCR van 1990 in Grand Rapids, Michigan, 'n seminaarsessie gelei (De Boer, 1994:199-208). Ofskoon hy in daardie stadium in Suid-Afrika gewoon het, word hy in die Calvynnavorsing as verteenwoordigend van Nederland gesien.
44 Volgens die titel van Simpson (1981): "Ad fontes - oftewel 'n poging om Calvyn Afrikaans te laat praat"
45 Ter illustrasie: Du Plessis(1996:260) bevind dat daar op Calvyn 'n beroep gedoen word, wat minder by Calvyn self en eerder by "die denke van Knox en Goodman" aansluiting vind. Daarby kom sy waarskuwing teen die "selektiewe en eensydige gebruik" van Calvyn se geskrifte (Du Plessis, 1996:261).
46 Afrikaans was volgens beskikbare inligting maar die vierde taal (ná Spaans, Duits en Engels) waarin die 1536 Institusie vertaal sou word. ('n Nederlandse vertaling deur W van 't Spijker sou eers 12 jaar later, in 1992, verskyn en met dank erkenning aan Simpson as "de bekwame latinist" en sy vertaling gee - vgl. Van 't Spijker, 1992:11.) Boonop is prof HW Simpson naas prof FL Battles (VSA) sover ons kennis strek die enigste vertaler in die wêreld wat sowel die 1536 as die 1559 Institusie vertaal het.
47 In 1981 publiseer Simpson 'n meer omvattende berig wat inligting weergee rakende die volgende: die agtergrond en motivering vir hierdie vertaalprojek, asook die ontstaan van die komitee aan die PU vir CHO in 1979 en die daaropvolgende tyd (Simpson, 1981).
48 Vgl. punt 6.3 hier onder vir 'n opgaaf van Afrikaanse vertalings van Calvynwerke.
49 Hierdie Afrikaanse publikasie van 1979 is 'n vertaling deur ds Thys Kritzinger vanuit die Engelse uitgawe, getiteld Golden booklet of the true Christian life. 1952. Grand Rapids, MI: Baker Book House.
50 Verder is belangrike kerkreg- en kerkorde-tekste uit die pen van Calvyn deur AD Pont in Afrikaans vertaal wat ook in 1981 verskyn het (vgl. Calvin, 1981c; Calvin, 1981d).
51 Belangrike medewerkers van die Calvynnavorsingsentrum - naas die hoofvertaler, prof HW Simpson - was prof LF Schulze en dr CMM Brink (vgl. D'Assonville, 1984:iv; Simpson, 1984:xxii). Die belangrike Afrikaanse taalversorging deur prof H Venter in die beginjare van die vertaling word deur Simpson (1981:46) vermeld. In 1984 is daar ook 'n verwysing deur Van der Walt oor hierdie Calvynnavorsingsentrum: 'n "Navorsingseenheid vir die studie en vertaling van Calvyn is onder die bekwame toesig en leiding van prof. H.W. Simpson gevestig. Nadat die meeste belangrike oorspronklike tekste van Calvyn se werke oorsee verkry is, het die vertaling van hierdie tekste in Afrikaans begin ..." (vgl. Van der Walt, 1984:i).
52 "A very special moment dawned when Prof. V.E. d'Assonville, on behalf of the publishers (Calvin Jubilee Book Fund) presented the first volume of the first Afrikaans Translation of Calvin's Institutes of the Christian Religion (1559) to the translator, Prof. H.W. Simpson. Great gratitude and joy were expressed to the Lord that, in spite of very serious illness, Prof. Simpson could continue the translation - and that, Deo volente, he might also complete the rest of the work." (Van der Walt, 1986:ii)
53 'n Volgende hoofstuk in die groot projek om Calvyn in Afrikaans toeganklik te maak, sou volg deurdat em. prof Stefanus Postma, nie net 'n juris nie maar self 'n deurwinterde Latinis, deur 'n huldeblyk aan prof Simpson (nadat prof Simpson op 8 Februarie 1997 oorlede is) gemotiveer is om die vertaalwerk voort te sit. Volgens Postma het daardie huldeblyk hom oortuig om "sy hand te waag aan die vertaling van Calvyn se kommentare op die sendbriewe van Paulus" (Postma, 2008:5). Hierdie latere geskiedenis val egter buite die bestek van hierdie bydrae.
54 Vgl. H. Henry Meeter Center, Calvin University. John Calvin Bibliography. s.a. aanlyn beskikbaar: https://bit.ly/42xDGB5
55 Die Calvyn Handboek(HJ Selderhuis [red.]) het in 2008 in Nederlands verskyn en in 2009 in Duits en Engels.












