SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

ITZKIN, Eric. Die Indiese Oorlogsgedenkteken: Nasionale Geheue en selektiewe geheueverlies. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.147-158. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel openbaar die vergete geskiedenis van die oorlogsgedenkteken wat hulde bring aan duisende soldate van die Indiese Weermag wat as nie-strydendes aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem het. Dit is opgerig in 1902, in Observatory, Johannesburg, met 'n uitsig oor die terrein waar 'n groot perdevoorsieningskamp beman deur Indiërs eens was. Nie alleen is die Indiese hulptroepe uitgesluit uit offisiële tydgenootlike verslae wat die konflik as 'n "witman se oorlog" beskou het nie, maar hulle is ook op soortgelyke wyse in meer onlangse historiografieë wat gepoog het om n meer inklusiewe beeld van die oorlog weer te gee, behandel. Revisionistiese navorsers het op swart betrokkenheid by die oorlog gefokus, en steeds het die rol van die Indiese hulptroepe grotendeels vergete gebly. In vergelyking hiermee is die rol van Gandhi se Ambulanskorps in die oorlog deeglik bekend. Die eeufeesviering van die Anglo-Boereoorlog was bedoel om n inklusiewe herdenking te wees, maar het insgelyks nie daarin geslaag om die openbare geheue aan hierdie troepe te herinner nie. Om op hulle bydrae te wys, mag miskien nie pas in n enggedefinieerde nasieboukonsep nie, maar dit is tog belangrik om erkenning te gee aan die uiteenlopende transnasionale elemente wat Suid-Afrika se verlede help skep het. Na die oorlog het die meeste van dié soldate na Indië teruggekeer. Slegs enkele van die veterane het in die land aangebly, waaronder kaptein Nawab Khan, wat by Gandhi se satyagraha-beweging aangesluit het.

Keywords : Anglo-Boereoorlog begraafplaas; Anglo-Boereoorlog; Indiese hulptroepe; Indiese Oorlogsgedenkteken; Indiese Weermag hulptroepe; internasionale kontingente; Johannesburg; Kaptein Nawab Khan; militêre geskiedenis; Mohandas Karamchand Gandhi; monumente en gedenktekens; Natalse Indiese Ambulanskorps; Observatory; oorlogsgedenktekens; perdevoorsieningskampe; Suid-Afrikaanse Oorlog.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License