SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Historia

    On-line version ISSN 2309-8392Print version ISSN 0018-229X

    Abstract

    PEIRES, Jeff. Shaka die Grote. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.159-179. ISSN 2309-8392.

    Hierdie artikel erken dat koloniale bronne onvermydelik bevooroordeeld is, en gaan dan voort om die persoonlikheid en loopbaan van Shaka te herevalueer, gebaseer op slegs mondelinge oorlewering. Deur dit te doen, verwerp die artikel op duidelike wyse die opinie wat tans so algemeen in Suid-Afrikaanse studies voorkom, naamlik dat mondelinge historiese oorleweringe niks meer is as 'n variasie van mondelinge oorleweringe nie. Dit betoog ten gunste van die mening dat mondelinge historiese oorleweringe onderliggende onveranderlike strukturele elemente besit. Die hoofdeel van die artikel bestaan uit n strukturele analise van die mondelinge historiese oorleweringe rakende Shaka se magsoorname en die rol wat hy in sy moeder, Nandi, se dood gespeel het. Shaka tree uit hierdie analise na vore as n uitsonderlike figuur wat op beslissende wyse in die geskiedenis van die Zoeloeryk ingegryp het. Die buitengewoon gewelddadige aard van sy heerskappy en die plotselinge breuk met sosiale norme inherent aan sy afskaffing van besnydenis, moet verduidelik word in terme van sy uiteindelike doelwit om die familiestruktuur te vernietig en met n volkome nuwe sosiale organisme, gebaseer op die staat, te vervang. Deur die sluipmoord op Shaka, het Dingane voorkom dat Shaka in sy voorneme geslaag het en dus is dit Dingane, en nie Shaka nie, wat as die ware stigter van die volwaardige Zoeloestaat beskou moet word.

    Keywords : Carolyn Hamilton; kindersoldate; besnydenis; Dan Wylie; Dingane; historiografie; Isabel Hofmeyr; James Stuart-argief; wettigheid; mfecane debat; Nandi; mondelinge historiese oorleweringe; mondelinge oorlewering; mondelinge tradisie; terreur-regimes; voorstelling; Senzangakhona; Shaka; Suid-Afrikaanse historiografie; staatvorming; strukturele analise; Zoeloe.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )