SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Historia

    On-line version ISSN 2309-8392Print version ISSN 0018-229X

    Abstract

    DUNBAR MOODIE, T.. N.P. van Wyk Louw en die morele penarie van Afrikaner nasionalisme: Voorbereidings vir Verligte hervorming. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.180-210. ISSN 2309-8392.

    Hierdie artikel betoog dat die idees van N.P. van Wyk Louw, soos dit gedurende die hoogtepunt van apartheid in die 1960's en 1970's in die debatte van Afrikanerintellektuele na vore gekom het, steeds relevant bly. Dit ondersoek die morele dubbelsinnighede van die Verwoerd-era en konflikte rondom vrae oor ras en etnisiteit gedurende die Vorster-tydperk. Daar word aangevoer dat die vraag rondom staatsbeleid ten opsigte van "kleurlinge" (moontlik kultureel Afrikaans, maar van 'n ander ras) sentraal in hierdie morele debatte gestaan het. Die artikel kyk ook minder intensief na 'n parallelle verswyging van debat oor die insluiting van stedelike swartes. Na die Soweto-opstand van 1976, het die intense stryd in intellektuele kringe egter deur Gerrit Viljoen (voorsitter van die Afrikaner Broederbond) se voorspraak vir "hervorming", 'n hoogtepunt bereik. Pogings na 1979 om hervorming te implementeer, het in die 1980's jammerlik gefaal, maar die aard van F.W. de Klerk se sprong na vore in 1990 sou in die afwesigheid van hierdie vroeëre debatte en hulle gebrekkige implementering deur P.W. Botha, ondenkbaar gewees het.

    Keywords : Afrikaner Broederbond; afsonderlike ontwikkeling; demokrasie; heilige geskiedenis; hervorming; intellektuele; klein apartheid; kleurlinge; liberalisme; lojale verset; moraliteit; Nasionale Party; nasionalisme; omstandigheidsetiek; oop gesprek; ras; roeping; volkseie; volksgodsdiens; voortbestaan in geregtigheid.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )