Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Historia
On-line version ISSN 2309-8392Print version ISSN 0018-229X
Abstract
SCHOLTZ, Leopold and SCHOLTZ, Ingrid. Die ANC/SAKP in Angola: 'n Gevallestudie rakende interne demokrasie. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.211-238. ISSN 2309-8392.
Die ANC/Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het altyd beweer dat die doel van hulle gewapende stryd, vryheid en demokrasie was. Een manier om dit te toets is om te kyk na die alliansie se praktiese toepassing van interne demokrasie in die jare van ballingskap. Met dié doel voor oë word in hierdie artikel ondersoek ingestel na die situasie in MK se kampe in Angola, die twee gewapende opstande in 1984, en die strafkamp Quatro. Twee paradigmas om die situasie te verklaar, word ontleed. Die een is die standpunt van die ANC dat die probleme die gevolg was van die apartheidsregering se spioenasie, en dié van die dissidente dat hulle eenvoudig 'ndemokratiese kultuur van verantwoordbaarheid wou hê. Die eindgevolgtrekking is dat ofskoon daar waarheid in die ANC se verklaring steek, dit 'nfeit is dat die alliansie se interne demokrasie veel te wense oorgelaat het.
Keywords : African National Congress (ANC); Angolese kampe; demokrasie; gewapende stryd; Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP); Umkhonto we Sizwe (MK).