Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Historia
On-line version ISSN 2309-8392Print version ISSN 0018-229X
Abstract
ATKINSON, Doreen. Patriarchalism and paternalism in South African "Native Administration" in the 1950sPatriargisme en Paternalisme in Suid-Afrikaanse "Naturelle-Administrasie" in die 1950's. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.262-280. ISSN 2309-8392.
Hierdie artikel bespreek die normatiewe aspekte van stedelike administrasie in Suid-Afrika in die 1950's, met spesifieke verwysing na die administrasie van die stedelike swart bevolking. Dit bewys dat 'n patriargale etiek bestaan het, en dat dit die normatiewe konteks vir blanke amptenare se paternalistiese houding was. Nogtans was die patriargale etos baie dubbelsinnig, omdat die politieke toekoms van stedelike swartes onduidelik was. Sekere amptenare het geglo dat stedelike swartes altyd onderdanig sal bly, terwyl ander geglo het dat swartes mettertyd gelyke politieke status binne 'n moderne samelewing sou bereik. Hierdie teenstrydighede was problematies vir die ontwerp van stedelike beleid, en het gelei tot voortdurende verwarring en debattering oor die mees geskikte administratiewe stelsels.
Keywords : 1950's; apartheid; swart administrasie; Doktor Language; Sittlichkeit; IANA; ongelykheid; lokasies; munisipale administrasie; munisipale amptenare; naturelle-administrasie; Naturelle Adviesrade; Departement Naturelle Administrasie; paternalisme; patriargie; regte; segregasie; swart woonbuurte; stedelike regering.