SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Historia

    On-line version ISSN 2309-8392Print version ISSN 0018-229X

    Abstract

    TERBLANCHE, Otto. Die aard van diplomatieke, politieke en kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Vlaandere (1945-1990). Historia [online]. 2009, vol.54, n.2, pp.77-97. ISSN 2309-8392.

    Vlaandere, die noordelike, Nederlandstalige deelstaat van België, het nog altyd 'n hoë premie op die handhawing en verstewiging van taal- en kultuurbande met die Afrikaner geplaas. In hierdie artikel word die diplomatieke, politieke en kulturele betrekkinge tussen België en Suid-Afrika in die jare 1945 tot 1990 ontleed. Apartheid het egter sedert die laat 1970's sy donker skaduwee oor die bilaterale verhoudinge gewerp. Dit het nie alleen die taal- en kultuurbande onder groot spanning geplaas nie, maar ook die politieke verhoudinge. Die eerste minister van Suid-Afrika, P.W. Botha, se besoek aan België in 1984, het byvoorbeeld vele protesaksies uitgelok. Die artikel behandel ook die doelstellings en werksaamhede van pro-Suid-Afrikaanse organisasies soos die Algemeen-Nederlands Verbond, die Vrienden van Zuid-Afrika en Protea. Die mense in Vlaandere het vanweë hulle geskiedenis tradisioneel meer simpatiek teenoor Suid-Afrika en die Afrikaner gestaan.

    Keywords : Afrikaans; apartheid; België; diplomatieke en politieke betrekkinge; kultuurbande; Suid-Afrika; Vlaandere.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )