SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MOUTON, F.A.. "The sacred tie": Sir Thomas Smartt, the Unionist Party and the British Empire, 1912-1920. Historia [online]. 2012, vol.57, n.2, pp.01-30. ISSN 2309-8392.

Die Iers gebore Thomas Smartt was lief vir Suid-Afrika en het vuriglik geglo dat sy aangenome land net die hoogste voorbestemming kan bereik deur deel van die Britse Ryk te wees. Vir hom was die imperiale verbintenis met Brittanje 'n "onskendbare band", en hy het dit tussen 1912 en 1920 as sy plig gesien om hierdie band, as die leier van die pro-imperial Unioniste Party, die amptelike parlementêre opposisie, te beskerm en te versterk. Hy was egter 'n rampspoedige leier van die Unioniste Party wat die "onskendbare band" ernstige skade berokken het. Sy gebrekkige selfbeheer oor imperiale belange het tot gevolg gehad dat hy nie die Engelssprekendes in Suid-Afrika se gehegtheid aan Brittanje kon beheer en lei nie, en 'n vernietigende jingoïsme aangemoedig het. In die proses het hy die pogings van Louis Botha en J.C. Smuts ondermyn om die twee blanke groepe na die trauma van die Suid-Afrikaanse Oorlog te versoen, en 'n verenigde lojale Suid-Afrika binne die Ryk te skep.

Keywords : Sir Thomas Smartt; Unioniste Party; Britse Ryk; Suid-Afrika; Eerste Wêreldoorlog; L.S. Jameson; Louis Botha; J.C. Smuts; J.B.M. Hertzog; Suid-Afrikaanse Party.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License