SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2"Fools rush in": writing a history of the concentration camps of the South African WarFrom trusteeship to self-determination: L.J. du Plessis' thinking on apartheid and his conflict with H.F. Verwoerd author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

VENTER, Chris. Die wynmakerfamilie van Zonnebloem, Simondium, 1915-1963. Historia [online]. 2012, vol.57, n.2, pp.222-262. ISSN 2309-8392.

Die verhaal van Zonnebloem wyn wentel om Marie Furter-Crouse en die drie manlike wynmakers van Zonnebloem-plaas: haar pa, Willem Furter wat haar die kuns van wynmaak geleer het, haar swaer, John de Villiers, en haar eggenoot, Maurice Crouse, sowel as Stellenbosch Boerewynmakery (SBW). Sedert 1920 is Zonnebloemwyn na Londen uitgevoer en teen 1947 was Zonnebloem Cabernet Sauvignon en Zonnebloem Riesling in Suid-Afrika sowel as Europa bekend as gehaltewyne. John de Villiers was die eerste wynmaker wat bekend geword het as die "Wynkoning van Suid-Afrika". SBW het sedert 1930 nou betrokke geraak by die wynmakers van Zonnebloem en in die laat 1940's het dié maatskappy Zonnebloem-wyn vir John de Villiers gebotteleer, geëtiketteer en bemark. Kort na sy dood in 1948 het SBW die naam Zonnebloem as handelsmerk geregistreer sonder om die familie daaroor in te lig. Die veranderinge gedurende die 1950's in die Suid-Afrikaanse wynbedryf, die internasionale boikotte, asook stygende produksiekoste het Crouse gedwing om sy wynmakery te staak. Die plaas Zonnebloem is in 2003 verkoop.

Keywords : Distell; gehaltewyn; handelsmerk; John de Villiers; Koöperatiewe Wijnbouersvereniging (KWV); koue fermentasie; Marie Furter-Crouse; Maurice Crouse; Nederburg wynlandgoed; PB Burgoyne Australian and South African Wine Merchants and Shippers; Stellenbosch Boerewynmakery (SBW); Willem D. Furter; wyn-analise; wynindustrie; Wynkoning van Suid-Afrika; wynproeë; wynskoue; Zonnebloem Cabernet Sauvignon; Zonnebloem Riesling; Zonnebloem-plaas..

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License