SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue1Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

ERLANK, Natasha. Southern African Christianities and Mission Effort under Review. Historia [online]. 2015, vol.60, n.1, pp.156-166. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/v60n1a9.

In hierdie artikel bespreek ek drie boeke wat elk vanuit verskillende perspektiewe aspekte van die geskiedenis van die sending en Christendom in suidelike Afrika dek. Dit sluit in debatte oor die verinheemsing van die evangeliepoging, die rol van gender in die vorming van sendings, en die politieke mag wat Christenskap verteenwoordig het. Stephen Volz se African Teachers on the Colonial Frontier: Tswana Evangelists and their Communities during the Nineteenth Century is 'n gedetailleerde studie van die verspreiding van Christendom in Tswana-gemeenskappe, en die rol van Tswana evangeliste daarin, oor 'n breë area wat strek van die huidige Vrystaat-provinsie, deur die Noordwes-provinsie tot noordelike Botswana. Fiona Vernal se The Farmerfield : A Christian Community in South Africa, 1838-2008 bestudeer die werking van 'n residensiële sendingstasie vir swartes en Khoe in die Oos-Kaap van Suid-Afrika. Vernal se studie dek die periode vanaf die stigting van stasie, deur die moeilike tye van die vroeë twintigste eeu en die daaropvolgende gedwonge verskuiwings, tot die hervestiging van die nasate van voormalige inwoners danksy pogings tot grondherstel vroeg in die een-en-twintigste eeu. Richard Elphick se The Equality of Believers: Protestant Missionaries and the Racial Politics of South Africa bespreek die rol wat verskillende protestantse Christelike groepe gespeel het in die skepping en bestryding van rassetoeskrywing en -diskriminasie in Suid-Afrika, van die laat negentiende eeu tot ongeveer die 1960's.

Keywords : LMS; WMMS; sending; Christenskap; Botswana; Suid-Afrika; geskiedenis.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License