SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

VISSER, Wessel. Water as agent for social change, 1900-1939: Two case studies of developmental state approaches in establishing irrigation schemes. Historia [online]. 2018, vol.63, n.2, pp.40-61. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2018/v63n2a3.

Die koms van die Unie van Suid-Afrika in 1910, en veral die skepping van 'n uniale Besproeiingsdepartement in 1912, het die begin van grootskaalse staatsinvestering in waterbewaringinfrastruktuur en die blomtydperk van die land se eerste damkonstruksieperiode op 'n nasionale skaal ingelui. Terselfdertyd het die Unieregering groterwordende sosiale probleme soos blanke armoede begin takel deur armoedeverligting en dambouprojekte te kombineer. Die Hartebeespoortdam- en besproeiingskema naby Pretoria was die eerste Unie-projek van sodanige aard. Afgesien van die benutting van water vir landbou-ontwikkeling was die doel van sodanige staatsprojekte tweevoudig: om tydelike armoedeverligting aan armblankes deur werkverskaffing tydens die konstruksiefases van damme en kanale te bied en deur blanke besproeiingsnedersettings te vestig. Hierdie artikel ondersoek aspekte van die staat se besproeiings- en armoedeverligtingsprojekte met 'n spesifieke fokus op die Kamanassie-besproeiingskema (1919-1925) in die Wes-Kaap en die Boegoeberg-besproeiingskema (1929-1934) op die Oranje-rivier in die Noord-Kaap. Die suksesse en mislukkings van hierdie projekte as voorbeelde van sosio-ekonomiese opheffing word ook kortliks bespreek.

Keywords : Besproeiingvestigingskemas; armblankes; droogtes; Pakt-regering; Hartebeespoortdam; Kamanassiedam; Groot Depressie; Boegoebergdam.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License