SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1Comparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

SMIT, Annadine. Considering YouTube's value as a historical source, with reference to the 2015-2017 drought in the Vaal Triangle. Historia [online]. 2019, vol.64, n.1, pp.140-165. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n1a7.

Die 20ste tot 21ste eeu het dramatiese veranderinge teweeggebring in die hoeveelheid beskikbare inligtingsbronne waaruit navorsers insigte kan verkry oor sekere historiese menslike ervarings. Tradisioneel is argiewe en/of fisiese historiese bronne ondersoek vir historiese insigte. Mondelinge onderhoude het ook nuwe perspektiewe, asook uitdagings, vir die interpretasie van geskiedenis ingehou. Sosiale media bied aan navorsers nie net al hoe meer oudio- en/of visuele materiaal nie, maar ook unieke kombinasies van hierdie twee mediums. Die uitbreiding van tegnologiese innovasie bied die alledaagse persoon die geleentheid om sy of haar lewenservarings op te teken, te stoor en te deel. Die skaal waarop dit plaasvind is ook 'n weerspieëling van die inligtingsera. Vir historici bied dit nie net 'n magdom bronne nie, maar vereis ook 'n nuwe verantwoordelikheid in terme van interne en eksterne bronnekritiek met bygaande kennisname van die beskikbare tegnologieë in gebruik. YouTube, as sosiale media bron, is een van die platforms wat toenemend gebruik word om lewenservarings oudiovisueel vas te vang en te deel. Een so 'n ervaring is die belewenis van die 2015-2017 droogte in die Vaaldriehoek. Vir kontemporêre historiei bied dit unieke geleenthede om historiese momente, wat deur 21ste-eeuse samelewings vasgevang word, steeds krities te ondersoek.

Keywords : Sosiale media; YouTube; Streeksgeskiedenis; metodologie; bronne; Vaaldriehoek.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License