Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Historia
versão On-line ISSN 2309-8392versão impressa ISSN 0018-229X
Resumo
MODISANE, Charmaine. Reforming Youthful Offenders: The Case of Diepkloof Reformatory School, 1935-1948. Historia [online]. 2024, vol.69, n.2, pp.2-35. ISSN 2309-8392. https://doi.org/10.17159/2309-8392/2024/v69n2a1.
Hierdie artikel verken Alan Paton se pogings om 'n tronk in 'n skool te omvorm; 'n taak wat deur die Unie Onderwysdepartement aan hom opgedra is na aanleiding van 'n aantal parlementêre debatte in 1934. Die doel was om alle verbeteringskole vir jeugoortreders, wat voorheen onder korrektiewe dienste geval het, oor te dra aan die departement van onderwys. Die artikel fokus op Paton se ontwikkeling en ervaring as die hoof van die Diepkloof Reformatory School van 1935 tot 1948. Die klem val op swart jeugoortreders, aangesien Diepkloof Reformatory die enigste verbeteringskool vir swart seuns in die Unie - en op die vasteland - tot die 1960's was. Die beskrywing ontgin die dag-tot-dag belewenisse van die leerlinge wat deur die kinderhowe na die verbeteringskool gestuur is. Paton is aangevuur deur 'n visie wat rehabilitasie bo straf gestel het, en hy het veranderinge bewerkstelling wat die klem verskuif het na onderrig, praktiese vaardighede en selfdissipline. Die seuns se daaglikse ervarings is 'n invalshoek wat tot dusver minder aandag geniet het van historici en navorsers wat met jeugoortreders gemoeid is. Dit strek ook wyer as die verbeteringskool deur aandag te skenk aan die voorwaardes waaronder seuns ontslaan is, die geskiktheid van die huise waarheen hulle moes terugkeer en die uitdagings wat sommige seuns in die gesig gestaar het met hul herintegrasie in die samelewing. Paton se visie, om van Diepkloof 'n plek van geregtigheid en van geleenthede te maak, het terugslae beleef, maar sy invloed het 'n blywende impak gehad op dié wat ná hul integrasie sukses kon behaal. Die artikel ontleed primêre bronne en korrespondensie om sodoende 'n begrip te bied van Paton se pogings tot rehabilitasie tydens sy strewe om van hierdie tronk 'n skool te maak; en van die bestuursraad se aanbevelings wat betref doeltreffende administrasie, om sodoende vir die seuns van 'n effektiewe rehabilitasieproses te verseker.
Palavras-chave : Diepkloof Reformatory School; jeugoortreders; jeugmisdadigers; jeug; Afrikane; stedelike gebiede; Alan Paton; verbeteringskole.