SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.69 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Historia

    versão On-line ISSN 2309-8392versão impressa ISSN 0018-229X

    Resumo

    PLINT, Graeme Wesley. 'Youth Under Fire': A Socio-Statistical Analysis of the Musketry Results of Cape Province Cadet Corps 1941-1960. Historia [online]. 2024, vol.69, n.2, pp.36-64. ISSN 2309-8392.  https://doi.org/10.17159/2309-8392/2024/v69n2a2.

    Kadetopleiding het grotendeels bestaan uit fisieke fiksheid, militêre driloefeninge en skietkuns. Hiervan was skietkuns die mees tegniese en bruikbare krygsvaardigheid, met deelname aan kadette 'n uitdrukking van die jeug se vrywillige en opsetlike self-militarisering. Toe Suid-Afrika op 6 September 1939 oorlog op Duitsland verklaar het, het die Unie Verdedigingsmag die kadette-kwotas wesenlik uitgebrei met die oog op toekomstige mobilisering. Skietkompetisies het 'n nuwe dringendheid en betekenis aangeneem. Spanne van kadetkorpse en skietverenigings het gereeld meegeding in provinsiale, nasionale en internasionale skietkompetisies. Vele kadet skietkompetisies in Suid-Afrika het hul oorsprong voor Uniewording in 1910. Die Wattsbeker en die Empire League Challenge (ELC) het hul oorsprong as kompetisies vir kadetkorpse in die Kaapkolonie, met kadetkorpse wat vanaf 1939 tot 1960 in dieselfde formaat meegeding het. Die artikel verskaf data van die volledige resultate van die Wattsbeker en die Empire League Challenge van 1941 tot 1960, en data wat betref steun vir die oorlog onder kadetoffisiere. 'n Ontleding van dié data onthul skeidslyne onder die Kaapkolonie se wit jeug, van die mobilisering vir die oorlog tot die nadraai van die verreikende 1948 verkiesing.

    Palavras-chave : Kadette; skiet; kompetisie; jeug militarisering; Tweede Wereldoorlog.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )