Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Historia
versão On-line ISSN 2309-8392versão impressa ISSN 0018-229X
Resumo
PASSEMIERS, Lazio. 'Primarily, I want to be an instrument of change': Nana Mahomo's Contribution to the Anti-Apartheid Struggle. Historia [online]. 2024, vol.69, n.2, pp.65-98. ISSN 2309-8392. https://doi.org/10.17159/2309-8392/2024/v69n2a3.
Met demokratiese Suid-Afrika wat steeds sy apartheidsverlede in oënskou neem, het die aantal biografieë oor figure wat hierdie tydperk help vorm het ook toegeneem, veral dié wat handel oor individue wat 'n stryd teen apartheid gevoer het. Baie van hierdie werke fokus op mans en vroue wie se bydraes aan 'n bepaalde bevrydingsbeweging gekoppel kan word, en wie se nalatenskap nie enige beduidende omstredenheid bevat nie. Tog is daar vele anti-apartheidsaktiviste wie se verhale moeilik inpas by 'n demokratiese Suid-Afrika se nuwe nasionalistiese geskiedenis, óf by die bepaalde bevrydingsbewegings se amptelike geskiedenisse. Een so 'n individu is Nana Mahomo. Tot dusver is die historiografie oor Mahomo se bydrae tot die anti-apartheidstryd oppervlakkig en gefragmenteer. Hierdie artikel bied 'n volledige oorsig van Mahomo se anti-apartheidswerk en verken die wyse waarop ballingskap sy politieke aktivisme gevorm het. Sy verhaal wys hoe toegang tot ondersteuningsnetwerke die politieke loopbane van individue in ballingskap gevorm het, en hoe die bane waarin hulle hul bevind het tot hul eie politieke oortuigings gespreek het. Dit was veral waar wat betref aktiviste soos Mahomo, wie se anti-apartheidswerk nie altyd aan 'n bepaalde bevrydingsbeweging gekoppel kon word nie. Laastens versterk die omstredenheid van sekere komponente van Mahomo se anti-apartheidswerk ons historiografiese begrip van die stryd teen apartheid deur verder te kyk as bloot 'n twee-dimensionele narratief van helde teenoor verraaiers.
Palavras-chave : Nana Mahomo; politieke biografie; biografie; bevrydingsgeskiedenis; anti-apartheid; Pan Africanist Congress; American Federation of Labor and Congress of Industrial Organizations.