SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

NEETHLING, Johann. Vryheid van (media-) spraak en die beskerming van persoonlikheidsregte. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.1, pp.43-61. ISSN 2224-7912.

Die reg op vryheid van spraak of uitdrukking van die pers en ander media en die persoonlikheidsregte op die goeie naam, die eer, die privaatheid en die identiteit geniet sowel gemeenregtelike as grondwetlike erkenning en beskerming. Omdat eersgenoemde reg en die persoonlikheidsregte veelal in lynregte teenstelling met mekaar staan, word 'n noukeurige afweging van die botsende regte vereis. In hierdie verband het die gemenereg daarin geslaag om 'n werkbare balans te bewerkstellig tussen die handhawing van vryheid van spraak en die beskerming van die betrokke persoonlikheidsregte. Op die huidige gebied geld dit veral die reels wat ten aansien van regverdigingsgronde ontwikkel het ten einde aan die media die bevoegdheid te verleen om die beskerming van hierdie persoonlikheidsgoedere binne afgebakende, regtens aanvaarbare grense te beperk, asook die erkenning van die media se nalatigheidsaanspreeklikheid vir laster. Die ter sake regverdigingsgronde is bevoorregte verslaggewing, waarheid en openbare belang, billike kommentaar, mediaprivilegie, politieke privilegie en die openbare inligtingsbelang. Hierdie gronde vorm nie 'n geslote getal nie en kan dus op grond van regsbeleidsoorwegings ten gunste van 'n omvattender handhawing van vryheid van spraak uitgebrei word. Aan die ander kant behoort nalatigheidsaanspreeklikheid, as demper op vryheid van spraak, net soos by laster ook vir skending van die ander drie persoonlikheidsregte te geld. Alhoewel die gemeenregtelike reëls oënskynlik met die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte versoenbaar is, moet die howe enige afwyking van die Handves in hierdie opsig sonder versuim regstel.

Palavras-chave : Belediging; bevoorregte verslaggewing; billike kommentaar; goeie naam; Handves van Regte; identiteit; laster; media; mediaprivilegie; nalatigheid; onregmatigheid; openbare inligtingsbelang; opset; pers; persoonlikheidsreg; politieke privilegie; privaatheid; regverdigingsgrond; vryheid van spraak; waarheid en openbare belang.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons