SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STRAUSS, Danie; ROSSOUW, Jannie  and  FOURIE, Johan. Die implikasies van 'n regstaat vir ontwikkelende lande. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.181-200. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel begin met 'n historiese perspektief op staat en ekonomie om vervolgens oor te gaan tot 'n tipering van die aard van 'n regstaat in terme van die verskillend-geaarde regsfere in 'n gedifferensieerde samelewing. Daarna word die aard van ontwikkelende lande, die armoedeprobleem en 'n aantal prominente ontwikkelingsteorieë aan die orde gestel. Uit die feit dat oor 'n typerk van 30 jaar (1970 tot 2000) daar in sekere wêrelddele merkwaardige sukses behaal is met pogings om armoede uit te wis, maar dat armoede in sekere ander wêrelddele toegeneem het, volg dit dat breëre samehange verreken moet word in die beoordeling daarvan. Op die basis van hierdie gesigspunte word daar dan gelet op die vraag of die onderliggende beginsels van 'n regstaat 'n belangrike rol in ontwikkelende lande kan speel, onder meer in die lig van bestaande ontwikkelingsteorieë. Die onverbreeklike samehang tussen 'n vrye onderneming-stelsel, die vrye mark en die juridiese borge wat deur 'n regstaat gestel word, begelei kernelemente in die gevolgtrekking waartoe gekom word.

Keywords : Armoede; demokrasie; eiendomsreg; ekonomiese groei; ekonomiese ontwikkeling; groeiteorieë; (on)gedifferensieerde samelewing; owerheidsgesag; regstaat.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License