SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTM author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    LOUW, Daniël. Die ikoniese waarde van kuns. Estetika en die poëtiese faktor van spiritualiteit in ver-beeld-ende kunste en ver-beeld-ingryke teologisering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.1-21. ISSN 2224-7912.

    Die hipotese dat kuns meer behels as 'n soort kunsvlyt of meganiese handvaardigheid, (maak-moontlikheid), en dat estetika ten diepste 'n spirituele kategorie is wat verwys na die mens se soeke na transendente raamwerke (en aldus 'n ikoniese dimensie besit), word met behulp van die metodologie van 'n poëtiese hermeneutiek ondersoek. In die lig van Sokrates se stelling dat kuns 'n spirituele, siel-saak is (Gombrich 2006:85), en die tese dat die mens wesenlik homo aestheticus is, word gekyk na die spirituele dimensie in veral die visuele en beeldende kunste. As kernfaktor word die wisselwerkende verband tussen verbeelding, inspirasie, verwondering, ekstase, entoesiasme, sin-duiding en kwalitatiewe waardering ondersoek binne die breë verband van die vraagstuk van estetika in kuns. Vanweë die skynbare verband tussen materie en 'n "utopiese bewussyn", word die spirituele dimensie in estetika gebruik om opnuut die betekenis van Gods-beelde teologies te ontsluit. Binne 'n soort religieuse estetika word die Pauliniese uitspraak oor die astheneia, of weerloosheid, swakheid van God, teologies gekombineer met die skreeu-snaakse (bespotlike), maar dwase, kruis-kreet: My God, my God waarom het u my verlaat (derelictio, verlatenheid en verworpenheid).

    Keywords : kuns; estetika; spiritualiteit; transendensie; hermeneutiek; homo ludens; homo aestheticus; skoonheid; menswaardigheid; lydende God; verlatenheid; poëtiese skoue; sublimiteit; parodie; paradoks; simboliek; swakheid (astheneia) van Go.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )