SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysisSustainability reporting in the mining sector: identifying critical issues author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    GELEYN, Tim  and  COLLEMAN, Timothy. De progressieve constructies bezig zijn en besig wees Een contrastief corpusonderzoek Nederlands -Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.56-74. ISSN 2224-7912.

    In hierdie artikel word die perifrastiese progressiewe konstruksies bezig zijn (om) + te-infinitief en besig wees om + te-infinitief met mekaar vergelyk. Daar word aangetoon dat enkele tipiese fenomene wat met grammatikalisasie gepaardgaan, baie duideliker van toepassing is op die Afrikaanse besig-konstruksie as op die Nederlandse bezig-konstruksie. Sodoende kan aangeneem word dat besig in Afrikaans baie sterker gegrammatikaliseerd is as die Nederlandse bezig. Aan die hand van korpusdata, saamgestel uit ses Nederlandse en twee Afrikaanse koerante, word aangetoon dat die Afrikaanse besig meer gereeld in 'n progressiewe konstruksie gebruik word as die Nederlandse bezig. Daarnaas is die Afrikaanse konstruksie semanties breër toepasbaar (host-class expansion, Himmelmann 2004), in die sin dat die konstruksie frekwent voorkom saam met niehandelingswerkwoorde en niewilskragtige subjekte, wat strydig is met die oorspronklike aktiwiteitsbetekenis van die adjektief besig. Dit kan as betekenisverbleking gesien word.

    Keywords : Dutch; Afrikaans; corpus linguistics; progressive aspect; bezig; besig; grammaticalization; host-class expansion.

            · abstract in English | Dutch     · text in Dutch     · Dutch ( pdf )