Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Abstract
LESCH, Harold M. Vertaalpraktyke in die sosiale media: 'n verbeterde vertaalteks vir 'n virtuele gemeenskap?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.129-143. ISSN 2224-7912.
Die vertrekpunt van hierdie artikel is die idee dat gemeenskapsvertaling nie noodwendig sy oorsprong in tegnologiese vooruitgang en die virtuele rekenaarleefruimte het nie. Gemeenskapsvertaling het op 'n vroeër stadium ontwikkel as praktyk waardeur die doelteksleser talig bevoordeel is. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is daar in die laat 1980's begin om met hierdie vorm van vertaling te eksperimenteer met die doel om talig-benadeeldes te bemagtig. Hierdie artikel het ten doel om gesprek oor die grense van gemeenskapsvertaling te inisieer, asook oor die vraag of die bestaande grense van sodanige vertaling voorsiening maak vir die virtuele gemeenskap. Die doel is om bestaande norme, soos ontwikkel vir gemeenskapsvertaling, gedefinieer in terme van talig-benadeeldes, met massadeelvertaling ("crowdsourced translation") in verband te bring in situasies waar massadeelvertaling op 'n ongedefinieerde groot groep mense, gemeenskap of skare gerig is. Die ondersoek is ingebed in 'n funksionalistiese vertaalraamwerk. Die metodologie behels 'n uiteensetting van gemeenskapsvertaling, 'n teoretiese verkenning van vertaalnorme en die formulering van norme vir gemeenskapsvertaling. In ooreenstemming met die doel om debat te inisieer, word daar dus nie pertinente bevindings gestel nie, maar word daar tog gesuggereer dat die bestaande grense van gemeenskapsvertaling verruim het om voorsiening te maak vir massadeelvertaling.
Keywords : gemeenskapsvertaling; massadeelvertaling; norme; virtuele gemeenska.