SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912
    versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    VAN DER WALT, Johannes L  y  WOLHUTER, Charl C. Eerste taal as onderrigmedium in hoër onderwys: 'n Internasionale perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-1, pp.1016-1033. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-1a9.

    Die doel van hierdie artikel is om die vraagstuk van die eerste taal as medium van onderrig op universiteitsvlak in Suid-Afrika te belig deur middel van internasionale historiese en vergelykende perspektiewe. Min minderheidstale kon tot dusver daarin slaag om te vorder tot op die vlak van medium van universiteitsonderrig. Hierdie toedrag van sake hou verband met die politieke funksie van formele onderwysinstellings. In Suid-Afrika word die handhawing en uitbouing van Afrikaans as medium van universiteitsonderwys nog verder bemoeilik deur die waarde van Engels in die nasionale en internasionale arbeidsmark, en deur die huidige posisie van Engels as lingua franca van die internasionale akademiese wêreld. Beoordeel vanuit die internasionale ondervinding, sal die verlies aan Afrikaans as medium van universiteitsonderwys egter 'n hele reeks nadelige gevolge vir die Afrikaanssprekende gemeenskap en selfs wyer as net die Afrikaanssprekende gemeenskap hê. Die artikel sluit af met 'n identifisering vanuit die internasionale ondervinding van riglyne vir die wyse waarop die Afrikaanssprekende gemeenskap hom kan beywer vir die behoud van Afrikaans as taal van universiteitsonderwys; dog sonder prysgawe van die voordele wat Engels bied as medium van universiteitsonderwys.

    Palabras clave : Afrikaans; hoër onderwys; internasionaal-vergelykende perspektiewe; multikulturele onderwys; onderwys; taal van onderrig en leer; universiteit.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )