SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    DU PLESSIS, Sophia  e  FOURIE, Johan. "'n Droewige laslap op die voos kombers van onreg": 'n Statistiese analise van konsentrasie-kampbewoners. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1178-1199. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a6.

    Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) wek steeds intense emosies op. Om dié rede is dit ook verstaanbaar dat 'n breë literatuur verskeie aspekte van die konsentrasiekampe en die lewe van die bewoners ondersoek. Vreemd genoeg, is een aspek wat wel agterweë gelaat is 'n kwantitatiewe ondersoek na die lengte van verblyf vir die meer as 100 000 wit mans, vroue en kinders in die kampe. Hoeveel dae is die gemiddelde kampbewoner gehuisves? Het bewoners uit die republieke of dié uit die kolonies langer aangebly? En wat was die kenmerke van bewoners wat voor die einde van die oorlog die kampe verlaat het? Duisende het ook in die kampe gesterf. Ons ontleed ook die kenmerke van hierdie groep, en werp lig op die redes vir hul tragiese einde. Deur gebruik te maak van 'n enorme datastel van kampbewoners en die statistiese hulpmiddel oorlewingsanalise, bied hierdie artikel 'n nuwe blik op n ou onderwerp en vra nuwe vrae vir toekomstige historiese navorsing.

    Palavras-chave : Konsentrasiekampe; oorlewingsanalise; Anglo-Boereoorlog; Suid- Afrika; sterfgetalle; gesondheid.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )