SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número1The perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

HOFMEYR, A. B. (Benda). "Ma, kan Ma dan nie sien dat ek aan die brand is nie?" Enkele opmerkings oor wat ons vandag is. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.1, pp.114-125. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n1a9.

Die huidige nasionale krisis in tersiêre onderrig in Suid-Afrika, gesien teen die agtergrond van 'n korrupte nasionale regering wat geen leiding neem om die krisis te bestuur nie, noop filosowe om 'n indringende analise te onderneem van ons tyd. In 'n poging om sin te versin begin die artikel met 'n soort denkeksperiment waarin ons land, Suid-Afrika haar op die spreekwoordelike praatbank bevind in gesprek met die outeur-terapeut. In die loop van die terapie-sessie kom Freud se bekende droomscenario aan bod oor die oorlede kind wie se doodskleed aan die brand slaan en die droom wat sy/haar ouer op basis van die tragiese gebeure het. In hierdie essay word die droom met sy brand-motief gekoppel aan die heersende toestand in Suid-Afrika wat deur koerantopskrifte beskryf word as 'n land wat brand van woede. In 'n poging om sin te versin word die Freudiaanse droom sorgvuldig vanuit Lacaniaanse perspektief geanaliseer. Vervolgens poog die essay om na te speur waarom die huidige woede van die jeug op hierdie spesifieke historiese tydstip so vurig is. Die speurtog bring die outeur op Mbembe se spoor en spesifiek sy oortuiging dat die fundamentele vraag rakende die herstel van sosiale bande wat vernietig is deur mensehandel en die eindelose oorloë nie vooropgestel word in die postkoloniale diskoers rondom die identiteit van die Afrika-subjek nie. In plaas daarvan figureer die Afrikaan primêr as passiewe slagoffer oorgelewer aan magte buite sy/haar beheer, onbewustelik geteken deur die onderdrukte trauma van die broedermoord wat mede ten grondslag van die slawehandel lê. As die vrygebore generasie in die teken staan van 'n oorspronklike trauma wat alle daaropvolgende traumas hulle trefkrag gee en wat irrasionele emosie-gedrewe reaksies tot gevolg het, hoe kan ons hoop op 'n uitkoms wat nie vooraf bepaal is deur dieselfde regressiewe spiraal van ons en hulle, van geweldpleger en slagoffer nie? Op 'n hoopvolle wyse wend die outeur haar tot Lacan om die vraag te beslis. Lacan dring aan op 'n minimale dog weerbarstige keusevryheid wat die historiese voorafbepaaldheid kan deurbreek. Daar word bevind dat die sogenaamde keusevryheid allesbehalwe 'n eenvoudige antwoord op die dilemma bied.

Palavras-chave : Aktualiteitsanalise; Freud; Lacan; Mbembe; studenteproteste; krisis in hoër onderwys; trauma; politiek van trauma; repressie; droominter; - pretasie; slagoffer; slagofferskap; agentskap; Transatlantiese slawe-handel; slawerny; imperialisme; kolonialisme; apartheid; geweld; #FooieMoetVal; vrygebore generasie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons