Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
OTTO, Anna Nel. 'n Kritiese waardering van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - AWS (2009). Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.271-284. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a4.
Die AWS is 'n normatiewe naslaanwerk oor spelling, waarvan die doel is om gebruikers te help met teksproduksie en tekskorrigering. In hierdie artikel word die soekvraag van die potensiële gebruiker as uitgangspunt geneem om die AWS in terme van sy funksies te evalueer. Daar word eerstens gekyk na verskillende moontlike motiverings vir lemmaseleksie. Hoewel korpora nuttig kan wees, moet dit volgens Asmussen (2013:1081) met omsigtigheid geraadpleeg word. By e-woordeboeke kan log-lêer-analise data verskaf oor watter leksikale items deur gebruikers nageslaan word, hoewel dit nie kan bevestig of die gebruikers dit as suksesvolle konsultasie ervaar het nie (Nesi 2013:65). Navorsers soos Wiegand (2001:235), Helbig en Osswald (2013:1141), Barnhart (1967:161), Tarp (2013:463), Storrer (2013:1245) en Müller-Spitzer (2013:369) het die waarde van die soekvraag as belangrike element by die saamstel van naslaanwerke bevestig. Die AWS gee aandag aan 'n wye verskeidenheid tipiese spelprobleme. Die navorser ondersoek dan ook, aan die hand van 40 soekvrae, tipiese vrae wat gebruikers sou kon vra. Daar word bevind dat die AWS tans die meeste van hierdie vrae beantwoord, hetsy in die woordelys of in die spelreëlgedeelte, maar dat daar steeds onbeantwoorde vrae is, veral met betrekking tot kosterme.
Keywords : AWS; naslaanwerk; gebruikersbehoeftes; normatiewe bron; lemmaseleksie; soekvraag; rou gebruikersvraag; gebruikersituasievraag; betekenisonderskeiding; log-lêer-analise.