Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
STRAUSS, Danie. Die aard en plek van die geheel-dele relasie - gesien vanuit 'n algemeen-wysgerige sowel as 'n vakfilosofiese perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.1078-1092. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a14.
Hierdie artikel is gerig op die onderliggende breëre wysgerige en vakfilosofiese onderbou van 'n sinvolle verstaan van die geheel-dele relasie. Die nodige begripsonderskeidinge staan in kontras tot die onvermoë van diere om logies-analities genormeerd te kan dink en handel. Die regop gestalte, vrye hand en opponerende duim wat vir kultuurvorming gereedstaan onder leiding van die geestelik-gestempelde blik belig die uniekheid van die mens. Die argument wat gevoer word plaas die geheel-dele relasie binne die ruimte-aspek en skenk dan aandag aan die uniekheid en samehang wat tussen die ruimte-aspek en die ander aspekte van die werklikheid bestaan. Die oorspronklike sin van getal (eenheid en veelheid) en die oorspronklike sin van ruimte (kontinue uitgebreidheid wat die geheel-dele relasie impliseer) word in die eensydige ismiese posisies van individualisme en universalisme skeefgetrek. Laasgenoemde dui op 'n oorspanning van die geheel-dele relasie. Die lang geskiedenis waarin hierdie twee opponerende sienings 'n rol sou speel, gryp terug tot by die Griekse denke. Sommige outeurs meen selfs dat hierdie twee stellingnames so diep gewortel is dat dit as opponerende wêreldbeskouings gesien moet word. Die sistematiese onderskeidinge en insigte wat in hierdie artikel ontwikkel word, sal in 'n opvolgartikel nader uitgewerk word en wel deur ondersoek in te stel na die moontlikhede en beperkings van die geheel-dele relasie vir ons verstaan van die menslike samelewing.
Keywords : Geheel-dele relasie; suksessie [opeenvolging]; totaliteit; individualisme; atomisme; universalisme; holisme; uniekheid samehang; primitiewe terme; wêreldbeskouings.