Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
BOTMA, Gawie. Loerbroer en biegbank: Die uitwysing van rassisme deur die postapartheid- Suid-Afrikaanse media. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.736-751. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a8.
Die voortdurende debat oor die rol van die media in die samelewing word in hierdie artikel verryk deur die identifisering van twee nuwe metaforiese beskrywings: loerbroer en biegbank. Die beskrywings spruit uit ʼn Foucaultiaanse lesing van die wisselwerking tussen mag/kennis en die rol van die media in diskoerse wat in die samelewing om hegemonie meeding. Die toepassing daarvan werp lig op die dekking van insidente van beweerde rassisme in die Suid-Afrikaanse media oor die laaste paar jaar. Die artikel toon aan hoe daar ondanks diversiteit in die media tog ʼn patroon ontstaan wat deur die loerbroer en biegbank beskryf kan word.
Palavras-chave : biegbank; dissipline; Fairclough; Foucault; grense; kritiese diskoersanalise; loerbroer; media; postapartheid; rassisme; sosiale media; Suid-Afrika.