Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
SAAL, Elvis e FOURIE, Annamarie. "dit en dat" en "al daai goed": 'n Korpuslinguistiese ondersoek na pragmatiese merkers in gesproke Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.1112-1128. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a8.
Pragmatiese merkers is 'n frekwente verskynsel van gesproke taal. Daar is egter nog baie min studies onderneem na pragmatiese merkers in Omgangsafrikaans. Pragmatiese merkers tree op as belangrike kontekstualiseringswenke deurdat dit gespreksgenote rig in terme van die relevansie van die uiting, en die spreker in staat stel om, op bondige wyse, 'n houding teenoor die proposisie van die uiting te openbaar. In hierdie studie word gefokus op 'n bepaalde tipe pragmatiese merker, naamlik vaekategoriemerkers (VKM's). Vaekategoriemerkers in Afrikaans is 'n meerwoordige leksikale eenheid, of woordkluster, wat as pragmatiese merker optree, byvoorbeeld "en goed" en "of iets". Hierdie ondersoek het ten doel om aan die hand van korpuslinguistiese metodes te bepaal watter vaekategoriemerkers in Omgangsafrikaans gebruik word en watter pragmatiese funksies dit verrig.
Palavras-chave : pragmatiese merkers; vaekategoriemerkers; relevansieteorie; pragmatiek; korpuslinguistiek; skermers; vae taal; kwaliteitsbeginsel; kwantiteitsbeginsel; hoflikheidstrategieë.