Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
VYVER, Corné van der. Afrikaanse Jakkals-en-Wolftrieksterverhale: Strukturele en inhoudelike patroonmatighede. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.1, pp.184-199. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/V62N1A10.
In hierdie artikel word verslag gedoen van 'n deduktiewe ontleding van 'n versameling Jakkals-en-Wolfverhale met betrekking tot struktuurelemente, strukturele patrone, variasiepatrone en inhoud volgens die beginsels van strukturalistiese narratologie. Die struktuurmodelle wat reeds deur ander navorsers in volks- en trieksterverhale uitgewys is, is ook aan hierdie korpus getoets. Daar is bevind dat Afrikaanse Jakkals-en-Wolfverhale ooreenstem met die universele patrone van trieksterverhale. Dit het ook geblyk dat die held in hierdie verhale bepaal word deur die oogpunt waaruit die gebeure beskou word. Jakkals is onder meer 'n metafoor van die triekster wat in 'n sosiaal beter posisie geplaas word deur die feit dat hy slim is en daarin kan slaag om die fisiek sterkere te uitoorlê. Daar is bevind dat die struktuur van die Afrikaanse Jakkals-en-Wolfverhale in sekere opsigte uniek is - 'n universele verlede, unieke karakters, 'n beperkte ruimte, 'n verteller-fokalisator, gebeure waarvan die episodes op mekaar volg, episodes wat ingebed is in 'n handelingsreeks en vertellers wat ingestel is op die kindergehoor. Dit is duidelik dat die struktuur en algemene inhoud van Afrikaanse Jakkals-en-Wolftrieksterverhale dinamies gebly het. 'n Wyer soektog behoort geloods te word om meer volksverhale, in veral die Suid-Afrikaanse konteks, wetenskaplik te versamel sodat meer verhale met mekaar vergelyk kan word ten einde tot 'n algemener gevolgtrekking te kan kom oor die struktuur en patroonmatig-hede in Suid-Afrikaanse volksverhale.
Palabras clave : aktante; dieptestruktuur; narratief; ontleding; patroonmatighede; triekster; trieksterverhaal; struktuur; struktuurelemente; volksverhaal.