SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue2Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with FoucaultNP van Wyk Louw's ideal of justice author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    LAMBRECHTS, Suné; YATES, Hannelie  and  KOTZE, Manitza. Geloofshulpbronne wat kinders kan help floreer as hulle ouers hul werk verloor. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.240-256. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a6.

    Die Covid-19-pandemie het 'n groot effek op mense se gesondheid sowel as hulle ekonomiese stabiliteit gehad. Talle beperkings is ingestel om die verspreiding van die virus te beperk. In Suid-Afrika was een van die beperkings 'n nasionale inperking wat veroorsaak het dat die meeste mense nie werk toe kon gaan nie. Dit het daartoe gelei dat talle mense hul werk verloor het. Baie van die mense was ouers. Ouers se werksverlies affekteer nie net hulself nie, maar ook hul kinders. Daar is verskeie maniere waarop ouers se werksverlies kinders negatief kan beïnvloed. Praktiese teologie is 'n studieveld wat met gevalle soos dié werk. Daarom is die doel van hierdie artikel om, vanuit die perspektief van die praktiese teologiese te wys hoe gemeentelike kinderbediening gebruik kan word om geloofshulpbronne in kinders se lewens in te bou sodat hulle van hul omstandighede (ouers se werksverlies) kan sinmaak en ten spyte van hul omstandighede sal kan floreer.

    Keywords : Covid-19; florering; geloofshulpbronne; godsdiens; jeugbediening; kinders; sosiale ondersteuning; tieners; veerkragtigheid; werksverlies.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )