SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue4The source text for the 2020 Afrikaans translation of the New TestamentTranslation difficulties posed by the Deuterocanonical Books: Jesus Ben Sira as a case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    AURET, Hendrik. Poiëse en poiëtiese denke in Die swye van Mario Salviati: 'n Gereedmaak vir simpoiëse. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.4, pp.646-664. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n4a7.

    Die mens was nog altyd 'n maker, 'n skepsel van poiëse. Maar in 'n tyd waar ekologiese verwoesting sommige skepties laat oor die verdienstelikheid van Homo Faber se vermoëns, ondersoek hierdie artikel die ontluikende moontlikheid van saamskepping of simpoiëse. Om die implikasies van die verskuiwing van poiëse na simpoiëse te verstaan, bied hierdie artikel 'n hermeneutiese poging om die wese en aard van die menslike maak-gebeurtenis (poiëse) onder woorde te bring, asook die tipe denke wat die kreatiewe proses op 'n besonder ontblotende manier laat ontvou. Die diepte van sterflike poiëse word benader deur die Duitse filosoof Martin Heidegger (1889-1976) te raadpleeg, en deur verskeie maak-narratiewe in Etienne van Heerden se roman Die swye van Mario Salviati (2000) te ondersoek. Die eerste afdeling skets 'n oorkoepelende interpretasie van Heidegger se verstaan van sterflike skepping en sy formulering van aanvangsdenke as alternatief vir die tekortkominge van voorstellingsdenke. Die vertakkings van poiëse word in die tweede afdeling verder verruim deur Van Heerden se roman te ontleed aan die hand van vier hermeneutiese sirkelvlugte. Daar word aangevoer dat die idee van saamskepping (simpoiëse) latent is in Heidegger se konsep van Gelassenheit en dat dit aannames rakende die eksklusiwiteit van menslike poiëse ondermyn. Die derde afdeling dien as slot en spekuleer kortliks oor die wyse waarop Heidegger se verstaan van poiëse, as manier om die skeppingsoomblik te benader, sterflikes gereedmaak vir simpoiëse.

    Keywords : poiëse; Martin Heidegger; Die swye van Mario Salviati; simpoiëse; maak; skeppingsoomblik; saamskep; ko-kreatief; Gelassenheit; denke; aanvangsdenke; voorstellingsdenke; Sorge; sorg.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )