SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue4Translation difficulties posed by the Deuterocanonical Books: Jesus Ben Sira as a case studyThe third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    ALBERTS, Marietta. 'n Vergelyking tussen verwante tale, insluitende Bildts en Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.4, pp.695-719. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n4a9.

    Die artikel fokus op ooreenkomste tussen verwante tale, onder andere Bildts en Afrikaans. Hierdie twee tale het 'n gemeenskaplike oorsprong en toon ooreenkomste op bepaalde terminologiese gebiede, veral die landbou. Die terminologies van hierdie tale en ander soortgelyke tale, soos Nederduits, Fries en Nederlands, kom onder die loep. Bepaalde ooreenkomste tussen Bildts, Afrikaans en die Suid-Afrikaanse amptelike Sintutale word ook bespreek. Dit is interessant dat verwante tale terme deur die prosesse van transliterasie en ontlening kan deel, hoewel die kontinente waarop hulle gebruik word, van mekaar verwyder is. 'n Taal, dialek of 'n taalvariëteit staan 'n beter kans om deur leksikografiese prosesse en terminologieskepping te ontwikkel (en te oorleef) as daardie taal of taalvariëteit gestandaardi-seer is en as sodanig erken word. Dit is dus van die uiterste belang om die woordvormingsbeginsels en skryf- en spelreëls van tale of taalvariëteite vas te lê. Hierdie proses, sowel as die opteken van die skriftelike vorm van 'n taal of taalvariëteit lei tot die ontwikkeling van leksikografiese en terminografiese produkte in daardie taal of taalvariëteit.

    Keywords : dialek; leksikografie; leksikon; nieverwante taal; ontstaansgeskiedenis; ooreenkoms; streektaal; terminologie; variëteit; verwante taal.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )