Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Abstract
SENEKAL, Burgert. 'n Netwerkwetenskaplike oorsig en verkenning van netwerke rakende die ontlaeringprojek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.4, pp.740-759. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n4a12.
Die Ontlaeringprojek is in 2018 geloods in 'n poging om gesprekke rondom die uitbreiding van Afrikaans se kontekste te bemiddel. Drie kollokwiums en twee spesiale vaktydskrifuitgawes het gevolg, sowel as 'n polemiek op LitNet. In die huidige studie word netwerke rakende die Ontlaeringprojek ontleed: die kollokwiumnetwerk (wat bestaan uit rolspelers en die kollokwiums waarby hulle betrokke was), die mede-outeurskapnetwerk (wat bestaan uit mense wat bydraes tot die twee spesiale vaktydskrifuitgawes gelewer het), die verwysingsnetwerk (wat bestaan uit outeurs en die bronne waarna hulle verwys het) en die woordkovoorkomsnet-werk (wat bestaan uit woorde wat gereeld saam in opsommings van artikels in die twee spesiale vaktydskrifuitgawes voorkom). Netwerkmaatstawwe wat gebruik word, sluit in digtheid, verbinde komponente, modulariteit, k-kerne en eksentrisiteit, tesame met netwerkvisualiserings. Daar word aangetoon dat al hierdie netwerke baie heterogeen is, en sleutelnodusse - betrokkenes by kollokwiums, sleutelbronne en sleuteltemas - word uitgelig. In die geheel word daar bevind dat die diversiteit van netwerke en die aard van sleutelnodusse die Ontlaeringprojek se oogmerke weerspieël.
Keywords : Afrikaans; diversiteit; eksentrisiteit; kollokwiums; mede-outeurskap-netwerke; netwerkwetenskap; onderwerpmodellering; Ontlaeringprojek; Suid-Afrikaanse letterkunde; verwysingsnetwerk; woordkovoor-komsnetwerke.