SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 issue1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    VAN DYK, Tobie. Afrikaans as akademiese taal: Verlede, hede en toekoms. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.61-85. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a4.

    Moedertaalonderrig bied veelvuldige voordele op die gebied van akademiese, kognitiewe en sosiale ontwikkeling. In hierdie artikel is die fokus op Afrikaans as medium van onderrig binne 'n akademiese konteks en teen die agtergrond van die bevordering van meertaligheid en inklusiewe onderwys. Teoretiese perspektiewe rakende kwessies soos akademiese taalgebruik, moedertaalonderrig, meertaligheid, inklusiwiteit, sowel as taalbeplanning en -bestuur word verskaf. Die stand van Afrikaans binne die hoëronderwyssektor word onder die soeklig geplaas, met spesifieke verwysing na empiriese data uit 'n ondersoek wat in 2023 afgehandel is. Dit behels 'n taalhulpbronoudit, uitgevoer deur die South African Centre for Digital Language Resources (SADiLaR) in opdrag van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO). Alle openbare universiteite in Suid-Afrika is by die oudit betrek ten einde inligting te bekom oor die stand van inheemse tale by hierdie instellings as raamwerk vir die implementering van die Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Hoër Onderwysinstellings (TOHO) wat in 2020 gepromulgeer is. Agt prioriteitsareas vir intervensie in die kort termyn is geïdentifiseer. Wat Afrikaans spesifiek betref, het die oudit aan die lig gebring dat die taal goed verteenwoordig is in vergelyking met ander tale by universiteite, maar dat daar ook steeds uitdagings bestaan, soos stigmatisering, hulpbrontoewysing en gebrekkige implementering van taalbeleide. Die insigte wat uit die ondersoek bekom is, beklemtoon dat nog méér gedoen moet word om veeltaligheid as bydraende faktor tot inklusiwiteit en 'n billike opvoedkundige omgewing in hoër onderwys in Suid-Afrika 'n werklikheid te maak.

    Keywords : moedertaalonderrig; Afrikaans; akademiese taal; hoër onderwys; meertaligheid; inklusiwiteit en regverdigheid in onderwys; taalbe-planning; taalbeleid; taalhulpbronoudit; histories Afrikaanse univer-siteite; gemengdedata-insamelingsmetode.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )