SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 issue1The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The SeagullMax-Neef and the structural vulnerability of day labourers in Mbombela and Emalahleni, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    VAN NIEKERK, Angélique. 'n Historiese oorsig van die deurlopende taalont-wikkeling in Afrikaans sedert 1916 in Huisgenoot. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.152-187. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a8.

    Die artikel verskaf 'n datagedrewe oorsig van die kontinue taalontwikkeling van die taalgebruik in gedrukte Afrikaanse advertensies gedurende 'n relatiewe kort (historíese) tydspan in twee tydvakke. Advertensies is ewekansig geselekteer vanaf die eerste uitgawe van die tydskrif, Huisgenoot met 'n vyfjaarinterval terugwerkend vanaf 1924 tot Januarie 2024. Die data sluit ook die eerste uitgawe in 1916 in. Historiese taalkundenavorsing strek normaalweg oor 'n langer tyd as 100 jaar. Opmerklike en kontinue taalontwikkeling is opgeteken in 1916-1949 en 1994-2024. Ten spyte van debatte oor die proses van standaardisering en puristiese en dualistiese teorieë oor die prosesse wat opgebou het ná 1925 (toe Afrikaans as een van drie landstale amptelike erkenning verkry het), bevat die data waarna verwys word in afdeling vier (en die addendum) 'n belangrike historiese korpus wat ook relevant is vir toekomstige ondersoek na taalverandering. Die data het byvoorbeeld die volgende opmerklike veranderinge op taalvlak getoon: • opvallend meer grammatikale variasie en Nederlandse invloed uit die versamelde data in tydvak 1 (afdeling D) is deel van die data ten opsigte van lidwoordgebruik; die vorm van die adjektief; die vorm van die werkwoord en wisselende vorme van voornaamwoorde (afdeling A en D van die analises) in tydvak 1 (tot 1949) in vergelyking met tydvak 2 (sedert 1994)); • veel meer sinsvlakinkortings (onderleksikalisering) is ingesluit in die data (addendum) in tydvak 2 (afdeling D) as in tydvak 1; • toenemende informaliteit en minder hoflikheid in tydvak 2 (afdeling A van die datastel en analises) is opmerklik as tydvak 1 en 2 vergelyk word; • toenemend meer talige kreatiwiteit en taalspel is in tydvak 2 gelys (afdeling E van die addendum) as in tydvak 1; • aanwesigheid van taalvermenging met taalitems uit die Afrikatale in tydvak 2 in afdeling F is opvallend in die addendum; • sigbare afname word getoon in Nederlandse invloed op die vlak van spelling, in kategorie B in tydvak 1 sedert 1916 (1916-1949) en bykans geen opmerklike Nederlandse invloed in dieselfde kategorie van die data is opgemerk in die tweede tydvak (sedert 1994 en tot 2024) nie.

    Keywords : Taalontwikkeling; taalverandering; hoflikheid; spelling; woordeskat; grammatika; talige kreatiwiteit; taalvermenging; sosiale en psigologiese aspekte; kontekstuele verandering.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )