Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Abstract
BECKMANN, Johan. Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwys-taal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekoms. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.256-284. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a12.
UNESCO het al 'n groot hoeveelheid navorsing gedoen oor taaltrajekte (en onder andere bevind dat daar elke twee weke 'n taal "sterf'). Vrae oor die toekoms van Afrikaans as 'n relatiewe jong taal het daardeur na vore gekom. Behalwe vir die Soweto-opstand van 1976 en die uitvaardiging van die Wet op Bantoe-Onderwys van 1953 was die afgelope honderd jaar relatief rustig vir Afrikaans as onderwystaal. Die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys, 32 van 2024 (algemeen bekend as die Bela-wet) het die situasie ingrypend verander. In die artikel kom die posisie van Afrikaans as onderwystaal tussen 1925 en 1994 onder die soeklig. Belangrike elemente van die Bela-wet word ook belig. UNESCO se navorsingsverslae oor die uitwissing ("dood") van veral inheemse tale sal op die Bela-wet toegepas word om versigtige afleidings oor die toekoms en voortbestaan van Afrikaans as onderwystaal te kan maak.
Keywords : onderwystaalbeleid; taalassimilasie; taalverval; taalontwikkeling; taaldiskriminasie; taaldruk; taalregte; taaloorlewing; moedertaalonder-wys; veeltaligheid; verstaatliking.