Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Abstract
BORNMAN, Elirea; STEENKAMP, Conrad; WDZRENGA, Rone and CARSTENS, WAM. Afrikaans in die hoër onderwys: Enkele tendense uit die ondersoeke Staat van het Nederlands en Stand van Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.285-316. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a13.
In die artikel word gefokus op die stand van Afrikaans in die hoër onderwys in Suid-Afrika. Die besprekings word gebaseer op response van 114 studente wat ingesluit is in die ewekansige landswye steekproef van Afrikaanssprekendes wat deelgeneem het aan die Stand van Afrikaans-vraelysondersoek in 2024. Die vrae het aspekte soos die onderrigtaal, handboeke, studie-materiaal, werkopdragte en eksamens gedek. Daar is ook gekyk na die taal van sosiale interaksie soos gesprekke met medestudente en die taal wat in studentebehuising gebruik word. Die taal waarin hoëronderriginstellings met studente en hulle ouers kommunikeer, soos webwerwe en nuusbriewe, is ook ondersoek. Die resultate word vergelyk met tendense wat na vore getree het in die Staat van het Nederlands-ondersoeke in Nederland, Vlaandere en Suriname. Slegs 27,3% van die studente het aangedui dat hulle deurentyd in Afrikaans onderrig ontvang het. Die gegewens vir die verskillende dimensies van onderrig dui verder daarop dat die ruimte van Afrikaans in die hoër onderwys tans beperk is. Aanbevelings vir verdere navorsing word in die slotopmerkings gemaak.
Keywords : hoër onderwys; stand van Afrikaans; stand van Nederlands; Suid-Afrika; onderrig in Afrikaans; werkopdragte; eksamens; gesprekke met dosente; gesprekke met medestudente; webwerwe.