SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 issue1Creation of infrastructure during the Prime Ministry of BJ Vorster: Asset or liability for the South African economy? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    ODENDAAL, Bernard. Neerslagvoorbeelde van veral taal, maar ook ruimte, as kulturele identiteitsmerkers in Afrikaanse dig-kuns, 1925-2024. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.336-382. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a15.

    Weens die verskeidenheid wat die Suid-Afrikaanse bevolkingsamestelling kenmerk, asook die impakte van koloniale, apartheidsbedeling- en postkoloniale ontwikkelings daarop, was en is taal(-variëteit) en ruimte (lokaliteitkonsepte soos plek, land, grond en landskap) uitstaande merkers van kultuuridentiteite alhier, ook soos dit in die letterkunde tot uitdrukking kom. Ná 'n omskrywing van die begrip kulturele identiteit en 'n verantwoording oor waarom veral taal(-variëteit) en lokaliteit so opval as merkers daarvan in die Afrikaanse letterkunde, word die ontwikkelingsgang in die digkunsneerslae daarvan sedert Afrikaans 'n honderd jaar gelede amptelike landstaalstatus verwerf het, in hierdie oorsigartikel ondersoek. Sterk kollektiewe (Afrikanernasionalistiese) sienings van die genoemde identiteitsfaktore in digwerk van ná die Anglo-Boereoorlog groei tot meer indiwidualistiese beskouings daarvan in poësie uit die later tydperk van die Tweede Afrikaanse Beweging (die 1920's en vroeë 1930's). Daarna kom neerslae daarvan in 'n literatuurperiode gekenmerk deur "liberale" nasionalisme en ook internasionale uitreiking (1934-1955) onder die loep, gevolg deur digwerk uit 'n fase waarin politieke weerstand en diepgaande verwydering tussen bevolkingsgroepe, gepaardgaande met toenemende internasionale isolasie, die Suid-Afrikaanse konteks kenmerk (1955-1989). Laastens word op gedigvoorbeelde uit die mees onlangse periode in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis gefokus, 'n tydperk waarin sosiopolitieke strewes na demokratisering, identi-teitsvorming/-hervorming en intra- sowel as intersistemiese toenadering ook op literêre terrein opvallend manifesteer (1990 tot tans). Uit die oorsig sal blyk dat die genoemde weerspieëlde kultuuridentiteitsmerkers toenemend verwikkelde en spanninggelade gedaantes aangeneem het vanweë polities- en ekonomies-maatskaplike ontwikkelings in sowel apartheid-Suid-Afrika as die ANC-regeerde demokratiese bedeling van ná 1994. Ook sal blyk dat taal(-variëteit) as kultuuridentiteitsmerker onlangs selfs meer opvallend as die genoemde lokaliteitsbegrippe op die voorgrond te staan gekom het betreffende Afrikaanse kultuuridentiteitsvraagstukke.

    Keywords : kulturele identiteitsmerker; taal(-variëteit); ruimte (plek, land, grond, landskap); Afrikaanse digkuns 1925-2024; Tweede Afrikaanse Beweging; van essensialiserend kollektiewe na indiwidualistiese sienings van kultuuridentiteitsvormende faktore; fase van "liberale" nasionalisme; internasionale estetiese standaarde; groeiende spreektaligheid in poësie; periode van politieke weerstand en verwydering; literatuursistemiese isolasie; groeiende Afrika-fokus; identifikasie/ disidentifikasie met Afrikaansheid; (satiriserende) aktualiteits- en betrokke literatuur; fase van sistemiese demokratisering en inklusiwiteit; sosiolektiese en geolektiese digwerk (Afrikaanse meerstemmigheid); (Afrikaanse) kultuuridentiteits(her)vorming; (Afrikaanse) kultuurpessimisme; nuwe verset"; diaspora.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )