Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Health SA Gesondheid (Online)
On-line version ISSN 2071-9736Print version ISSN 1025-9848
Abstract
SKHOSANA, Rebecca M. and PEU, Mmapheko D.. Experiences of health care providers managing sexual assault victims in the emergency unit Part 1: Background and methodology. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.120-126. ISSN 2071-9736.
Die doel van hierdie studie was om die ervaringe van gesondheidsorgverskaffers wat slagoffers van seksuele aanranding in die ongevalle-eenheid van 'n gemeenskapshospitaal in die Nkangala-distrik in die provinsie van Mpumalanga hanteer, te verken en te beskryf. 'n Kwalitatiewe fenomenologiese ontwerp is toegepas. Doelbewuste steekproefneming is gebruik om deelnemers te selekteer uit die groep gesondheidsorgverskaffers wat in die ongevalle-eenheid werksaam was en meer as vier slagoffers van seksuele aanranding hanteer het. Data is by wyse van individuele onderhoude ingesamel en volgens die Tesch-metode van data-analise deur die navorser en die onafhanklike medekodeerder geanaliseer. Hoofkategorieë, subkategorieë en temas is geïdentifiseer. Deelnemers het uitdrukking gegee aan hulle emosies, uitdagings, die houding en gedrag van polisiebeamptes, teenstrydighede in riglyne en behoefte-identifikasie. Aanbevelings is dat multidissiplinêre spanlede betrokke moet wees by gemeenskapsaktiwiteite en dat die gemeenskap moet deelneem aan sake wat verband hou met seksuele aanranding. Die regering moet duidelike riglyne ontwikkel wat op landelike en stedelike Suid-Afrika van toepassing is. Gesondheidsorgwetenskappe moet daarop gerig wees om meer forensiese verpleegkundiges op te lei. Alle toepaslike departemente moet saamwerk om die komplikasies te verlig wat deur voorvalle van seksuele aanranding veroorsaak word.
Keywords : patient-carer relationship; sexual assault; victims; health care providers; emergency unit.