SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    CHEN, Yuzhen. Die invloed van onderwysomstandighede op die aanleer van kollokasies: 'n Gevallestudie van taakgebaseerde woordeboekgebruiksonderrig. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.1-30. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/32-1-1679.

    Om die invloed van onderwysomstandighede op die aanleer van kollokasies te ondersoek, is 88 Chinese EVT-studente lukraak aan een van drie verskillende onderwysomstandighede onderwerp, nl. woordeboekgebruik met voorafgaande onderrig, woordeboekgebruik sonder enige opleiding, of gebruik met uitvoerige aanwysings vir die aanleer van kollokasies. Hulle is ook gevra om die ontbrekende werkwoord in tien V + N-doelkollokasies wat in sinne gebruik is, in te vul. 'n Skermopnemer is gebruik om die studente se naslaangedrag in die twee onderwysomstandighede wat woordeboekgebruik behels, te monitor, bv. elke keer wanneer die woord wat nageslaan word, ingetik word, elke beweging en klik van die muis, elke stap van die kollokasiesoektog en die tydsduur waarin die woordeboek geraadpleeg is. Ná voltooiing van die opdrag is al die studente korrektiewe terugvoer rakende die kollokasieopdrag gegee en hulle het hul korreksies op die toetsblad aangebring. Twee weke later is 'n onverwagse retensietoets uitgevoer. Die studie het aangetoon dat woordeboekgebruik wat volg op 'n onderrigsessie bestaande uit vyf stappe 'n baie groter invloed op die aanleer van kollokasies gehad het as woordeboekgebruik sonder enige voorafgaande opleiding en uitvoerige aanwysings vir die aanleer van kollokasies. Indien die studente wat die woorde-boek sonder enige opleiding gebruik het, vergelyk word met dié wat voorafgaande onderrig ontvang het, kan gesien word dat laasgenoemde groep effektiewer strategieë rondom die seleksie van naslaanwoorde en die vind en identifisering van kollokasie-inligting toegepas het. Hulle het 'n meer doelgerigte benadering tot woordeboekgebruik gevolg en meer korrekte doelwerkwoorde gevind. Buiten die verlening van nuwe steun aan die volgehoue pleidooi vir woordeboekgebruiksopleiding in die EVT-pedagogie, verskaf hierdie studie ook 'n gedetailleerde voorbeeld van taakgebaseerde woordeboekopleiding wat op die klaskamerpraktyk toegepas kan word.

    Palavras-chave : onderwysomstandighede; aanleer van kollokasies; woor-DEBOEKVAARDIGHEDE; WOORDEBOEKNASLAANGEDRAG; WOORDEBOEKGEBRUIKS-ONDERRIG.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )