Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Lexikos
versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904
Resumo
VUKOVIC-STAMATOVIC, Milica e ZIVKOVIC, Branka. Korpusgebaseerde lemmaseleksieprosedures vir TSD-woorde-lyste en -woordeboeke. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.141-161. ISSN 2224-0039. https://doi.org/10.5788/32-1-1713.
In die samestelling van beide Taal vir Spesifieke Doeleindes-(TSD-)woor-delyste vir vreemdetaalleerders en TSD-woordeboeke is die lemmaseleksieproses van kardinale belang. TSD-woordelyste en TSD-woordeboeke sal effektief funksioneer indien hulle toepaslike terme en registeritems, m.a.w. die leksikale items wat eindgebruikers benodig, bevat. In hierdie artikel word korpusgebaseerde TSD-woordelyste eerste bespreek, met besondere klem op hul samestelling. In hierdie proses is die samestelling en grootte van die gespesialiseerde korpus, asook die keuse van die lemmaseleksiemetodes wat gebruik word, belangrik. Onder die moontlike kriteria is woordfrekwensie, sleutelstatus, gespesialiseerde voorkoms, omvang en verspreiding, asook enkele nie-korpus-linguistiese metodes wat minder gereeld toegepas word. 'n Groter verskeiden-heid metodes is gebruik vir die samestelling van lemmalyste vir TSD-woordeboeke, en van die korpuslinguistiese metodes is slegs frekwensie tipies toegepas. Lemmaseleksieprosedures vir TSD-woordelyste en TSD-woordeboeke word in die artikel vergelyk voordat daar bespreek word hoe hulle mekaar wedersyds van inligting kan voorsien.
Palavras-chave : taal vir spesifieke doeleindes; tsd-woordelys; tsd-woor-deboek; korpuslinguistiek; lemmalys; terme; lemmaseleksie.