Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Lexikos
versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904
Resumo
BARATTA, Alex. Gestigmatiseerde woordeboeke bevat 'n gestigmatiseerde variasie van Engels: Die gebruik van aanlyn woordeboeke van Koreaanse Engels as onderrighulpmiddel in die EVT-klaskamer. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.250-271. ISSN 2224-0039. https://doi.org/10.5788/32-1-1726.
In hierdie artikel word daar op die praktykgefokus: Daar word uiteengesit hoe aanlyn woordeboeke as pedagogiese hulpmiddels vir onderwysers in die Engels-as-Vreemde Taal- (EVT)-klaskamer gebruik kan word. Aanlyn woordeboeke wat oor die algemeen geskep word deur 'leke', en nie professionele leksikograwe nie, word bespreek, en die tersaaklike woordeskat het betrekking op die uitbreidende kring van Engels, soos die wat verbind word met die Verre Ooste, met Koreaanse Engels wat hier aangebied word as verteenwoordigend van hierdie kring. Aanlyn woordeboeke, veral die soorte wat hier beskryf word, word egter dikwels, gebaseer op oordele rakende hul akkuraatheid en weens die gebrek aan prestige aangesien hulle nie saamgestel word deur professionele leksikograwe nie, as negatief beskou. Boonop word die varieteite van Engels wat buite die konteks van die standaard binnekring varieteite (bv. Amerikaanse Engels) val, dikwels beskou as onjuis en/of minderwaardig aan die standaard varieteit wat deur moedertaalsprekers van Engels gebruik word. Die standaard binne-kring-varieteit word inderdaad dikwels beskou as die standaard. In hierdie artikel word daar egter gepoog om te demonstreer hoe beide aanlyn woordeboeke en die uitbreidende kring van Engels in die EVT-klaskamer 'n rol kan speel. Sodoende kan wyer kwessies rakende linguistiese vooroordeel en oorheersing aangespreek word om 'n meer gelyke benadering tot taal te verskaf wat die aanlyn samestelling daarvan kan insluit.
Palavras-chave : aanlyn woordeboeke; standaard engels; binnekring engels; nie-binnekring engels (nbke); uitbreidende kring van engels; koreaanse engels; interkulturele kommunikasie; vertaling.