Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Lexikos
versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904
Resumo
DE WET, Maret Blom. 'n Prototipe-aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.301-325. ISSN 2224-0039. https://doi.org/10.5788/32-1-1740.
Die nagraadse studente aan hoeronderwysinstellings in die Suid-Afrikaanse konteks het volgens Van Aswegen (2007: 1141) onvoldoende akademiese skryfvaardighede en 'n tekort aan navorsingsvaardighede; daarom groei die aanvraag na die diens van redigeerders wat spesifiek akademiese tekste redigeer. Die redigeerders van Afrikaanse akademiese tekste onder-vind egter probleme met naslaanbronne (stylgidse of standaardiseringsbronne) wat hulle kan gebruik om konsekwentheid in die akademiese tekste te verseker. Gevolglik het hierdie redigeerders 'n behoefte aan 'n Afrikaanse woordeboek wat spesiaal gerig is op die behoeftes van akademiese redigeerders (Blom 2020: 18).'n Model vir die ontwerp van 'n aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek (Blom se 2018-woordeboekmodel) is opgestel as die eerste deel van 'n groter projek wat daarop gemik is om 'n volledige aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek saam te stel. Ten einde Blom se 2018-woordeboekmodel te implementeer om 'n volledige woordeboek saam te stel, moet 'n prototipewoordeboek ontwikkel word en dan getoets word deur sy teikengebruikers (akademiese redigeerders). In hierdie artikel is die beginsels van die funksieteorie (Fuertes-Olivera en Tarp 2014), Gouws (2014a; 2014b; 2018a; 2018b; 2018c; 2018d) se aanpassings van die algemene leksikografieteorie en bruikbaarheidsteoriee (ISO-standaard 9241 (1998a)(1998b)(2006)) gebruik om die genoemde prototipe-Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek saam te stel. Hierdie geintegreerde teorie maak die samestelling van 'n gebruikersvriendelike prototipewoordeboek moontlik, wat in 'n opvolgstudie deur herhaalde bruikbaarheidstoetse met die eind- of teikengebruikers as toetsdeelnemers geevalu-eer sal word.
Palavras-chave : woordeboeksamestelling; akademiese redigeerwoordeboek; prototipewoordeboek; elektroniese leksikografie; funksieteorie; algemene leksikografieteorie; bruikbaarheidsteoriee; geintegreerde teorie.