Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Lexikos
On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904
Abstract
FUERTES-OLIVERA, Pedro A. and TARP, Sven. Kritiese leksikografie aan die werk: Gedagtes oor en voor-stelle vir die uitskakeling van gendervooroordeel in algemene Spaanse woor-deboeke. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe, pp.105-132. ISSN 2224-0039. https://doi.org/10.5788/32-2-1699.
in hierdie artikel word daar beklemtoon dat woordeboeke ideologiese tekste is wat 'n groot invloed uitoefen, aangesien miljoene mense woordeboeke as gesaghebbende bronne beskou. Daar word aangetoon dat bestaande algemene Spaanse woordeboeke so bevooroordeeld is t.o.v. gender dat hulle 'n bydrae lewer tot die aanmoediging van onbillike situasies, byvoorbeeld, deur vroue onsigbaar te maak en deur gendertradisies, wat gebaseer is op manlikgesentreerde mag en ideologie, te handhaaf. Om so 'n onbillike situasie te vermy, stel ons verskeie nuwe idees rondom die taal- en genderkwessie voor. Ons toon ook aan hoe dit in 'n woordeboekportaal, wat tydens die skryf van hierdie artikel deur ons saamgestel word, toegepas kan word. Hierdie artikel bied dus verskeie spesifieke oplossings aan met die doel om vroue leksikografies sigbaar te maak, om die gebruik van inklusiewe taal in die openbare en private diskoers te bevorder en om genderpraktyke uit te skakel.
Keywords : inklusiewe taal; woordeboek; spaans; ideologie; beroeps-NAAMWOORDE.