Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Lexikos
versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904
Resumo
FENG, Yongfang e XU, Hai. Die leksikografiese hantering van argumentstruktuurkonstruk-sies in aanlyn Engelse aanleerderswoordeboeke: Die geval van V N ADJ ASK's. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.207-226. ISSN 2224-0039. https://doi.org/10.5788/33-1-1812.
Ten spyte van hul diversiteit en kompleksiteit in struktuur en betekenis is daar nog min navorsing oor die sistematiese voorstelling van argumentstruktuurkonstruksies (ASK's) in Engelse aanleer-derswoordeboeke (EAW'e) gedoen. Om hierdie gaping te vul, is daar in hierdie artikel gefokus op die hantering van V N ADJ ASK's in die "Groot Vyf" aanlyn EAW'e teenoor gebruiksdata. Eers is 'n lys van 40 doelwerkwoorde verkry deur twee gebeurlikheidswaardes (d.i. betroubaarheid en kollo-struksionele sterkte) met behulp van kollostruksionele analise van V N ADJ ASK's in die Britse Nasionale Korpus te gebruik, en daarna is die verwante ASK's ten opsigte van hul makro- en mikro-strukturele voorstelling in geselekteerde woordeboeke ontleed. Daar is bevind dat die meeste EAW'e ASK's belangrik ag, veral die LDOCE, wat frasestatus aan baie van die ASK's toeken. Die hantering van ASK's in huidige EAW'e is nogtans ontoereikend. Eerstens is die insluiting van ASK's in die meeste EAW'e glad nie voldoende nie. Tweedens is daar in sommige gevalle 'n wanverhouding tussen 'n valensiepatroonillustrasie en 'n illustratiewe voorbeeld. Laastens, maar nie die minste nie, is die meeste EAW'e nie konsekwent rakende hul beleid van opname en enkodering van ASK's nie asook nie ten opsigte van die toekenning van frasestatus aan hierdie ASK's nie. Ons doen binne die raamwerk van die gebruiksgebaseerde konstruksiegrammatika enkele voorstelle vir die optimalisering van die hantering van ASK's aan die hand.
Palavras-chave : argument structure constructions; online english learners' dictionary; phraseology; collostructional analysis; usage-based construction grammar.