Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Lexikos
versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904
Resumo
MARKUS, Katalin P. e DRINGO-HORVATH, Ida. Die ontwikkeling van woordeboekvaardighede m.b.v. eentalige en tweetalige Engelse woordeboeke in die onderwys op tersiêre vlak in Hongarye. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.350-381. ISSN 2224-0039. http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1821.
Onder naslaanwerke is woordeboeke besonder belangrik in die aanleer van 'n vreemde taal. Alhoewel woordeboeke taalaanleerders van 'n wye reeks data voorsien, kan dit 'n enorme taak wees om deur die massa data en inligting te worstel. Ofskoon dit belangrik behoort te wees om woordeboekvaardighede in die taalaanleerproses te bemeester, bestaan daar geen duidelike riglyne in amptelike onderwysdokumente in Hongarye oor hoe om hierdie vaardighede te ontwikkel nie. Deur woordeboekvaardighede in die kurrikulum te integreer en dit eksplisiet in lesse te onderrig, kan onderwysers 'n belangrike rol speel om die gaping tussen leksikograwe en woordeboekgebruikers te oorbrug. In hierdie studie word verslag gelewer oor die metodes wat ons gebruik om leksikografie en woordeboekvaardighede aan studente by 'n Hongaarse universiteit te onderrig. Die outeurs beskik oor baie ervaring en die bespreking en bygaande materiaal is op meer as 15 jaar se onderrigpraktyk gebaseer. Om te verseker dat die opleiding in die toenemende behoeftes van jong studente kan voorsien, is 'n longitudinale studie in 2020 van stapel gestuur om die veranderende gewoontes en behoeftes van studente te bestudeer. Die doel met hierdie artikel is drieërlei van aard: eerstens, om die onderrig van leksikografie op universiteitsvlak aan te moedig deur konkrete metodes te verskaf, daarna, om die belangrikheid van woordeboekvaardighede uit te lig, en laastens, om die belangrikheid van die integrasie van effektiewe onderrig van die gebruik van elektroniese woordeboeke in die woordeboekdidaktiek te beklemtoon. Teen hierdie agtergrond word die behoefte aan die inkorporering van nuwe evaluasiekriteria sowel as die ontwikkeling van nuwe vaardighede vir digitale woordeboeke, verskillend van dié vir gedrukte woordeboeke, in die onderwys beklemtoon.
Palavras-chave : leksikografieonderrig; woordeboekdidaktiek; naslaanvaardighede; woordeboekvaardighede; woordeboekgebruik; ontwerp van universiteitskursusse; kursusevaluering; aanlyn woordeboeke; evaluering van woordeboeke.